Die eerste appelbome is deur Jan van Riebeeck na Suid-Afrika gebring en in die Kompanjiestuin geplant. Sedert daardie dae het dit na alle dele van die land versprei, maar dit word vandag slegs kommersieel verbou in die dele waar die klimaat die geskikste daarvoor is. Dit is hoofsaaklik die hoogliggende streke met koue winters en betreklik koel somers. Sagtevrugte soos appels kom voor in die beskutte valleie van die Wes-Kaap, in die Oos-Vrystaat, Limpopo, Noord-Kaap, Mpumalanga en Gauteng.

Variëteite Meer as 7 500 appel-variëteite (kultivars) is bekend. Daar betree gereeld nuwe soorte die mark.

Appels behels basies drie soorte. Rooi appels: soos Starking, Topred en York Imperial. Die geelgroen Golden Delicious en die grasgroen Granny Smith. Die vier belangrikstes wat tradisioneel plaaslik verbou of gekweek word is:

VariëteiteOorsprongKleurGebruikTriviaStarkingAmerikadonkerrooieethet op 'n tak van ander appel, Delicious, ontstaan.Ohenimurigroenwitkookword onder die naam Dunn's Seedling uitgevoerGolden DeliciousAmerikageelgroeneetGewildste appel ter wêreldGranny SmithAustraliëgrasgroeneetontstaan in tuin van ou dame, ene mev. Smith

Gebruike In Suid-Afrika is die appel 'n gewilde vrug om vars te eet, maar klein hoeveelhede word ook verwerk tot appelsap en appelpuree of word gedroog. In sommige Europese lande word appels ook gebruik om 'n appelwyn of appelbier wat sider genoem word, te maak. Dit word ook deesdae plaaslik vervaardig en is algemeen in winkels en restaurante beskikbaar.

Sien ook Landbou appel sider

Bronnelys Kennis, 1980, vol 3, bl. 446-447,

Eksterne Skakels Sagte vrugte harde arbeid List of apple cultivars

Kategorie:Landbou in Suid-Afrika