+ Asteroïde ontdek: 72 Naam Datum 1116 Catriona 5 April 1929 1186 Turnera 1 Augustus 1929 1193 Africa 24 April 1931 1194 Aletta 13 Mei 1931 1195 Orangia 24 Mei 1931 1196 Sheba 21 Mei 1931 1197 Rhodesia 9 Junie 1931 1242 Zambesia 28 April 1932 1243 Pamela 7 Mei 1932 1244 Deira 25 Mei 1932 1245 Calvinia 26 Mei 1932 1246 Chaka 23 Julie 1932 1248 Jugurtha 1 September 1932 1264 Letaba 21 April 1933 1268 Libya 29 April 1930 1278 Kenya 15 Junie 1933 1279 Uganda 15 Junie 1933 1282 Utopia 17 Augustus 1933 1318 Nerina 24 Maart 1934 1319 Disa 19 Maart 1934 1320 Impala 13 Mei 1934 1321 Majuba 7 Mei 1934 1323 Tugela 19 Mei 1934 1324 Knysna 15 Junie 1934 1325 Inanda 14 Julie 1934 1326 Losaka 14 Julie 1934 1327 Namaqua 7 September 1934 1349 Bechuana 13 Junie 1934 1354 Botha 3 April 1935 1355 Magoeba 30 April 1935 1356 Nyanza 3 Mei 1935 1357 Khama 2 Julie 1935 1358 Gaika 21 Julie 1935 1359 Prieska 22 Julie 1935 1360 Tarka 22 Julie 1935 1362 Griqua 31 Julie 1935 1367 Nongoma 3 Julie 1934 1368 Numidia 30 April 1935 1393 Sofala 25 Mei 1936 1394 Algoa 12 Junie 1936 1396 Outeniqua 9 Augustus 1936 1397 Umtata 9 Augustus 1936 1427 Ruvuma 16 Mei 1937 1428 Mombasa 5 Julie 1937 1429 Pemba 2 Julie 1937 1430 Somalia 5 Julie 1937 1431 Luanda 29 Julie 1937 1432 Ethiopia 1 Augustus 1937 1456 Saldanha 2 Julie 1937 1467 Mashona 30 Julie 1938 1468 Zomba 23 Julie 1938 1474 Beira 20 Augustus 1935 1490 Limpopo 14 Junie 1936 1505 Korana 21 April 1939 1506 Xosa 15 Mei 1939 1595 TangaA 19 Junie 1930 1634 Ndola 19 Augustus 1935 1638 Ruanda 3 Mei 1935 1641 Tana 25 Julie 1935 1676 Kariba 15 Junie 1939 1712 Angola 28 Mei 1935 1784 Benguella 30 Junie 1935 1816 Liberia 29 Januarie 1936 1817 Katanga 20 Junie 1939 1948 Kampala 3 April 1935 1949 Messina 8 Julie 1936 2066 Palala 4 Junie 1934 2825 Crosby 19 September 1938 2865 Laurel 31 Julie 1935 3768 Monroe 5 September 1937 (5452) 1937 NN 5 Julie 1937 7102 Neilbone 12 Julie 1936 (A) saam met H. E. Wood

Cyril V. Jackson (5 Desember 1903 – Februarie 1988) was 'n Suid-Afrikaanse sterrekundige, gebore in Ossett, Yorkshire in Engeland, maar sy vader het na Suid-Afrika geëmigreer in 1911.

Hy het gewerk by die Unie-Sterrewag in Johannesburg vanaf 1928 tot 1947 (IAU-kode 078, voorheen bekend as Transvaal Sterrewag en later bekend as die Republiek Sterrewag). Hy het in die Tweede wêreldoorlog met Suid-Afrikaanse magte gedien, en was in versendings genoem. Na die oorlog was hy direkteur van die Yale-Columbia Southern Observatory (YCSO) - stasie in Johannesburg (IAU-kode 077), wat gestig is deur Yale Universiteit in die 1920's. Columbia Universiteit het daarna saamgewerk in die onderneming en die operasie het bekend geword as die Yale-Columbia Southern Observatory (YCSO, Inc. was formeel geskep in 1962). As gevolg van die lig besoedeling moes die sterrewag gesluit word in 1951 en hy het toesig gehou oor die skuif van sy instrument, 'n 26-duim refraktor teleskoop, na Mount Stromlo Observatory in Australië (IAU-kode 414). Hierdie Yale-Columbia teleskoop is gegee aan die Australiese Nasionale Universiteit in Julie 1963, en is vernietig in die 18 Januarie 2003 vuurgloed wat Berg Stromlo verwoes het.

Jackson het by Berg Stromlo gewerk van 1957 tot 1963. In 1963, het Yale sy Columbia Southern Observatory heropen by El Leoncito, Argentinië (IAU-kode 808), en hy het gedien as die direkteur tot 1966, toe hy afgetree het. Hy het 'n aantal komete ontdek, insluitend die periodieke komete 47P/Ashbrook-Jackson en 58P/Jackson-Neujmin. Hy het ook  72 asteroïdes ontdek in die vroeë deel van sy loopbaan by die Unie-Sterrewag.

Verwysings

Eksterne skakels JACKSON, Cyril Biografie van Cyril Jackson

Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Groot-Brittanje Kategorie:Suid-Afrikaanse sterrekundiges Kategorie:Suid-Afrikaners in die Tweede Wêreldoorlog Kategorie:Geboortes in 1903 Kategorie:Sterftes in 1988