'n Geografiese naam (ook soms pleknaam genoem) is die naam van enige landelike plek – natuurlik, mensgemaak of aangepas deur die mens; bewoon of onbewoon. Die kategorie "geografiese naam" is 'n betekeniskategorie (soos persoonsnaam, publikasienaam, agternaam/van, voornaam, ensovoorts) van die woordsoortkategorie "eienaamwoord", 'n subkategorie van "selfstandige naamwoord". Voorbeelde van geografiese name sluit in: Kontinente: Afrika, Asië Lande: Suid-Afrika, Japan Provinsies: Gauteng, Drenthe Streke/gebiede: Overberg, Wes-Europa Stede/munisipaliteite: Tshwane, Amsterdam Dorpe/nedersettings: Musina, Khayelitsha Strate/paaie: Nelson Mandelarylaan, Kalverstraat Lughawens: Bram Fischer Internasionale Lughawe, Schiphol Geboue/strukture: Vrystaatstadion, Eiffeltoring Berge/bergreekse: Everest, die Alpe Oseane/seë/mere: Indiese Oseaan, Dooie See, Victoriameer Riviere: Garieprivier, die Nyl Damme: Gariepdam, Hooverdam
Buitelandse geografiese name in Afrikaans Buitelandse geografiese name word op verskillende maniere as deel van die Afrikaanse woordeskat opgeneem: Onvertaald: New York, Barcelona Deur transliterasie: Moskou (Russies: Москва, Moskva); Beijing (Chinees: 北京, pinyin: Běijīng) Deur vertaling: Kantelberg (Engels: Canterbury) Deur verafrikaansing: Rome (Italiaans: Roma); Parys (Frans: Paris)
Sien ook Verafrikaanste geografiese name Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad
Kategorie:Geografie