Die Marble Towers is 'n wolkekrabber in die Sentrale sakegebied van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is gebou in 1973 en is 32 verdiepings hoog. Die gebou het 'n agt-verdieping parkering aangeheg. Die struktuur is gemaak van 'n mengsel van beton en marmer.
Die toring is in gebruik as kommersiële kantore. Die gebou was oorspronklik bekend as die Sanlam-Sentrum. Dit is geleë op die hoek van Jeppe en Von Wielligh strate.
Verwysings
Eksterne skakels Marble Towers op CTBUH Marble Towers op Emporis Marble Towers op Skyscraperpage.com Marble Towers op Structurae
Kategorie:Suid-Afrikaanse struktuur saadjies