Nicola Ferguson Sturgeon (* 19 Julie 1970) is 'n Skotse politikus wat tot 28 Maart 2023 as die vyfde eerste minister van Skotland gedien het. Sy was die leier van die Skotse Nasionale Party (SNP) van 2014 tot 2023, en was die eerste vrou in die pos.

Sturgeon is sedert 1999 'n lid van die Skotse Parlement, aanvanklik vanaf 1999 tot 2007 as bykomende afgevaardigde vir die Glasgow-kiesafdeling, en sedert 2007 vir die kiesafdeling Glasgow Southside (tussen 2007 en 2011 bekend as Glasgow Govan).The Scottish Parliament | Nicola Sturgeon MSP. Besoek op 21 November 2017

Sturgeon, wat 'n graad in regte aan die Universiteit van Glasgow verwerf het, was aanvanklik as advokaat in Glasgow werksaam. Ná haar verkiesing tot die Skotse Parlement het sy die poste van minister vir onderwys, gesondheid en justisie in die SNP se skadukabinet beklee.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste

Kategorie:Skotse politici Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Lewende mense