Cardiff Arms Park (Wallies: Parc yr Arfau Caerdydd), ook bekend as Die Arms Park en BT Sport Cardiff Arms Park, is ’n veeldoelige stadion in Cardiff, Wallis. Die stadion is in 1969 geopen en is hoofsaaklik bekend as ’n rugbystadion hoewel daar ook ’n rolbalbaan is. Die Arms Park was in 1958 gasheer vir die Britse Ryk en Statebondspele en is ook tydens beide die Vrouerugbywêreldbeker 1991 en die Rugbywêreldbeker 1991 gebruik. Die Arms Park was ook gasheer vir die inwydings-Heinekenbekereindstryd van 1995–’96 en ook vir die volgende jaar se eindstryd.
duimnael|links|Die ou Arms Park is in 1998 verwyder om plek te maak vir die nuwe Millennium-stadion Die geskiedenis van die rugbyveld begin met die eerste terrasse wat in 1881–1882 vir toeskouers opgerig is. Die Arms Park het oorspronklik ’n krieketovaal ten noorde en ’n rugbyveld ten suide gehad. Teen 1969 is die krieketovaal gesloop om plek te maak vir die hedendagse rugbyveld ten noorde en ’n tweede rugbyveld ten suide wat as die Nasionale Stadion bekend staan. Die Nasionale Stadion, wat deur die Walliese nasionale rugbyspan gebruik is, is op 7 April 1984 amptelik geopen, maar dit is in 1997 gesloop om plek te maak vir die Millennium-stadion wat gereed moes wees vir die Rugbywêreldbeker 1999, en dit het ook die nasionale stadion van Wallis geword. Die rugbyveld het die tuisveld van die semi-professionele Cardiff RVK gebly maar die professionele Cardiff Blues het in 2009 na Cardiff Stad-stadion geskuif waar hulle vir drie jaar vertoef het voor hulle teruggeskuif het na Cardiff Arms Park.
Die terrein word deur Cardiff Atletiekklub besit en het buiten rugby en krieket ook atletiek, voetbal, windhondwedrenne, tennis, Britse bofbal en boks gehuisves. Die terrein het ook ’n rolbalbaan ten noorde van die rugbyveld wat deur Cardiff Atletiek Rolbalklub gebruik word. Die Nasionale Stadion het ook verskeie musiekkonserte van kunstenaars soos Michael Jackson, David Bowie, Bon Jovi, The Rolling Stones en U2 gehuisves.
Rugby Slegs die rugbyveld en die Cardiff Atletiek Rolbalklub gebruik die naam Cardiff Arms Park. Die rugbyveld het twee hoofpawiljoene, die Noord- en Suidpawiljoen. Albei het terrasse onder die sitplekke. Die ander pawiljoene is die Westgatestraat- (tans bekend as die Coastal Cottages Gesinspawiljoen), wat rye stoele onder die eksklusiewe losies asook die klubwinkel huisves, en die Taffriviereinde (die Barry Nelmes-suite, vernoem na Barry Nelmes, voormalige kaptein van Cardiff RVK), wat 26 eksklusiewe losies huisves. Die rugbyveld het twee hoofingange, die suidingang en die Gwyn Nicholls Gedenkhek (Angel Hotel-ingang) wat op 26 Desember 1949 onthul is ter ere van die Walliese internasionale rugbyspeler Gwyn Nicholls. Die Cardiff Atletiek-klubhuis is geleë in die hoek van veld, tussen die Suidpawiljoen en die Westgatestraateinde.
Wedstryde Vrouerugbywêreldbeker 1991
DatumSpan 1TellingSpan 2Rondte11 April 199138–0Plaat-kwarteindrondte11 April 199118–0Plaat-kwarteindrondte11 April 19913–6Plaat-kwarteindrondte11 April 19910–30Plaat-kwarteindrondte12 April 19916–0Plaat-halfeindrondte12 April 19910–7Beker-halfeindrondte12 April 199113–0Beker-halfeindrondte12 April 19910–8Plaat-halfeindrondte13 April 199119–4Plaat-eindstryd14 April 19916–19Beker-eindstryd
Rugbywêreldbeker 1991
DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers6 Oktober 199113–16Groep 345 0009 Oktober 199116–7Groep 335 00012 Oktober 19913–38Groep 354 00030 Oktober 199113–6Halfeindstryde47 000
Rugbyliga-toetswedstryde DatumSpan 1TellingSpan 2ToernooiToeskouers26 Junie 199626–12Europese Rugbyliga-kampioenskap 19965 42530 Oktober 201514–6Europese Beker 20151 028
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Geboue en strukture in Cardiff Kategorie:Rugby in Wallis Kategorie:Rugbystadions in die Verenigde Koninkryk Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Vrouerugbywêreldbekerstadions