Tesla, Inc. (voorheen Tesla Motors) is 'n Amerikaanse motorvervaardiger, energiebergingsmaatskappy, en sonpaneelvervaardiger gebaseer in Palo Alto, Kalifornië. Die maatskappy is in 2003 gestig. Die maatskappy spesialiseer in elektriese motors, litiumioonbatteryenergieberging en residensiële fotovoltaïese panele (deur middel van die filiaalmaatskappy SolarCity) Die bykomende produkte wat Tesla verkoop, sluit die Tesla Powerwall en Powerpack-batterye, sonpanele en sonkragteëls in.
Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, het gesê hy beskou Tesla as 'n tegnologiemaatskappy en onafhanklike motorvervaardiger wat daarop gemik is om uiteindelik elektriese motors teen bekostigbare pryse aan die gemiddelde verbruiker te bied. Die maatskappy is genoem na die Serwiese elektriese ingenieur en fisikus Nikola Tesla deur die medestigters Martin Eberhard en Marc Tarpenning.
Voertuie
Model S Die Tesla Model S is 'n volgrootte, volelektriese, vyfdeur luukse luikrug, wat op 22 Junie 2012 vrygestel is.
Model X Die Tesla Model X is 'n volgrootte oorkruis SNV. Model X-aflewerings het in September 2015 begin.
Model 3 Die Tesla Model 3 is 'n middelgrootte, elektriese vierdeurluuksesedan.
Semi Die Tesla Semi is 'n volelektriese Klas 8 opleggervragmotor wat eers in Tesla se 2016-meesterplan genoem word. Die Tesla-vragmotor is op 16 November 2017 beskend gestel.
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse maatskappye Kategorie:Motorvervaardigers