John Evan Baldwin FRS (6 Desember 1931 - 7 Desember 2010) het vanaf 1954 by die Cavendish Astrofisika Groep Astrophysics Group members - John Baldwin mrao.cam.ac.uk (voorheen die Mullard Radio Astronomy Observatory) gewerk. Hy het 'n sleutelrol gespeel in die ontwikkeling van interferometrie in radio-astronomie, en later astronomiese optiese interferometrie en gelukkige beeldvorming (Engels: lucky imaging). Hy het die eerste kaarte van die radio-uitsending van die Andromeda-sterrestelsel en die Perseus-groep gemaak, en die eienskappe van baie aktiewe sterrestelsels gemeet. In 1985 het hy die eerste Aperture Masking Interferometry waarnemings uitgevoer, en toe die konstruksie en werking van die Cambridge Optical Aperture Synthesis Telescope gelei, en die lucky imaging metode ontwikkel. In 2001 is die Jackson-Gwilt-medalje aan hom toegeken vir sy tegniese bydraes tot die interferometrie en diafragmasintese. Hy het in 1949 as 'n lid van Queen's College, Cambridge, gematrikuleer en is sedert 1999 'n Lewensgenoot van die Kollege.

Sien ook Sterrekunde Astrofisika

Verwysings

Eksterne skakels - John Baldwin's page at the MRAO - Photo of John Baldwin with Jan Hendrik Oort, Bob Rubin and Vera Rubin

Kategorie:Britse sterrekundiges Kategorie:Astrofisici Kategorie:Geboortes in 1931 Kategorie:Sterftes in 2010