Stellan John Skarsgård is 'n Sweedse akteur. Hy is bekend vir sy rolle as Jan Nyman in Breaking the Waves (1996), Kaptein Tupolev in The Hunt for Red October (1990), Prof. Gerald Lambeau in Good Will Hunting (1997), Bootstrap Bill Turner in Pirates of the Caribbean: Dead Man's Chest (2006) en Pirates of the Caribbean: At World's End (2007), Bill Anderson in Mamma Mia! (2008), Bevelvoerder Maximilian Richter in Angels and Demons (2009), Martin Vanger in The Girl With the Dragon Tattoo (2011), Dr Erik Selvig in die Marvel Cinematic Universe-rolprente Thor (2011), The Avengers (2012), Thor: The Dark World (2013) en Avengers: Age of Ultron (2015) sowel as The Grand Duke in Cinderella (2015).

Vroeë lewe Skarsgård is gebore in Göteborg, Swede, die seun van Gudrun (née Larsson) en Jan Skarsgård. Die gesin het dikwels verhuis, en het onder andere in Helsingborg, Totebo, Kalmar, Marielund en Uppsala gewoon.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1951 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Sweedse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Sweedse manlike akteurs van die 21ste eeu