Die Nieuport 17 is 'n Franse dubbeldekker vegvliegtuig wat in die Eerste Wêreldoorlog gebruik is. Die vliegtuig is ontwikkel uit die Nieuport 11 en het sy nooiensvlug in Januarie 1916 voltooi. Dit is in Mei 1916 aan die wesfront ontplooi. Dit was aansienlik beter as die Nieuport 11 met 'n kragtiger motor, langer vlerke en die hele romp is versterk. Eers was dit toegerus met die Le Rhône 100 perdekrag motor en was later toegerus met die Clerget 9B 130 perdekrag motor. Die gevolg was 'n vliegtuig was uiters beweeglik was, 'n hoë snelheid kon behaal en baie goed kon klim. Dit was makliker om die boonste masjiengeweer te laai omrede die Foster-meganisme gebruik was om dit aan die boonste vlerk te monteer. Die vlieënier kon dit herlaai terwyl hy reguit en gelyk vlieg.

Die Duitsers het die vliegtuig net so gekopieer en dit die Siemens-Schuckert D1 genoem. Bobaasvlieëniers soos René Fonck, Georges Guynemer, Charles Nungesser, Albert Ball en Billy Bishop het die vliegtuig gebruik.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Nieuport 17: Item Statistiek Aantal motors1 Tipe motorSkroef VervaardigerLe Rhône suierenjin Kraglewering per motor120 perdekrag Vlerkspan8,2 m Lengte5,96 m Hoogte2,44 m Vlerkoppervlakte14,75 m2 Maksimum opstygmassa560 kg Maksimum snelheid170 km/h Operasionele hoogte5 350 m Uithouvermoë250 km Klimvermoë4,000 m in 19 minute en 30 sekondesBewapeningTwee 7,7 mm Lewismasjiengewere; een gesinchroniseerd en die ander op die boonste vlerk. Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Eerste Wêreldoorlog