Die Nieuport 28 is 'n Franse dubbeldekker vegvliegtuig wat in die Eerste Wêreldoorlog gebruik is. Dit het sy nooiensvlug voltooi op 14 Junie 1917. Dit was die eerste vliegtuig wat die American Expeditionary Forces (AEF) gebruik het in die oorlog. Tydens die tweede patrollie van die AEF op 14 April 1918 behaal hulle twee oorwinnings. Luitenante Alan Winslow en Douglas Campbell van 94 Eskader het 'n vliegtuig elk afgeskiet. Campbell was die eerste Amerikaans opgeleide bobaasvlieënier.

Die Nieuport 28 het aansienlik verskil van die Nieuport 17; die onderste vlerk was net so groot soos die boonste een terwyl by vorige modelle die onderste vlerk smaller was. Terwyl die vliegtuig in diens was het die nuwe SPAD S.XIII, wat in diens gestel is, dit oortref in vermoë. Nogtans het die Amerikaanse vlieëniers sukses bly behaal met die vliegtuig. Alhoewel die vliegtuig meer beweegbaar was die SPAD kon dit nie soveel straf verduur nie. Daar was ook 'n geneigdheid van die boonste vlerk se materiaal om los te skeur wanneer die vliegtuig duik. Die Amerikaanse bobaasvlieënier Edward Rickenbacker het van sy 26 oorwinnings in die vliegtuig behaal.

Tegniese besonderhede

+ Besonderhede van die Nieuport 28: Item Statistiek Aantal motors1 Tipe motorSkroef VervaardigerGnome 9N suierenjin Kraglewering per motor160 perdekrag Vlerkspan8,0 m Lengte6,2 m Hoogte2,48 m Vlerkoppervlakte20,00 m² Maksimum opstygmassa740 kg Maksimum snelheid195 km/h Operasionele hoogte5 200 m Uithouvermoë400 km Klimvermoë5,000 m in 21 minute en 15 sekondesBewapeningTwee 7,7 mm masjiengewere.

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bronnelys Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Eerste Wêreldoorlog