Aberfoyle (Skots-Gaelies: Obar Phuill) is 'n nedersetting in die historiese en registrasiegraafskap Perthshire, Skotland wat tans administratief onder die Stirling-distriksraad (Stirling council area) val. Die dorp is 27 myl (43 km) noordwes van Glasgow aan die oewer van die Forthrivier geleë. Die dorpsgebied maak deel uit van die Queen Elizabeth Forest Park.VisitScotland: Aberfoyle. Besoek op 8 November 2017

Vandag is Aberfoyle 'n gewilde toeristeoord wat as vertrekpunt vir toere na Loch Lomond en die Nasionale Trussachs-park dien. Die Aberfoyle Gholfklub beskik oor een van die aantreklikste gholfbane in Skotland wat reeds in 1890 temidde van 'n heidelandskap aangelê is.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Skotland