Tokoferielasetaat, ook bekend as vitamien E asetaat, is 'n algemene vitamienaanvulling met die molekulêre formule C31H52O3 (vir die "α" vorm). Dit is die ester van asynsuur en tokoferol (vitamien E). Dit word dikwels gebruik in dermatologiese produkte soos velrome. Tokoferielasetaat word nie geoksideer nie, en kan deur die vel dring om die lewende selle te bereik, waar sowat 5% na vrye tokoferol omgeskakel word, en 'n voordelige antioksidantwerking het.Linus Pauling Institute Research Report: All About E
Tokoferielasetaat word gebruik as 'n alternatief vir tokoferol self, want die fenoliese hidroksielgroep word deur die asetaat geblokkeer, wat 'n produk lewer wat minder suureienskappe het, asook 'n langer raklewe. Die asetaat word waarskynlik stadig gehidroliseer sodra dit in die vel geabsorbeer word, om tokoferol te verskaf wat 'n rol speel om die vel te beskerm teen die son se ultraviolet strale.
Verwysings
Kategorie:Vitamines