Albert Ball (14 Augustus 1896 – 7 Mei 1917) was die eerste Britse bobaasvlieënier uit die Eerste Wêreldoorlog. Hy was besig met ingenieurswese studies toe die oorlog begin het en was verplaas van die Britse Leër na die Royal Flying Corps in 1915. Van sy aankoms in Frankryk in Februarie 1916 het hy 'n reputasie opgebou as 'n vreeslose vlieënier en uitstekende skut. Hy behaal sy eerste oorwinning in Junie 1916 en in slegs drie maande tydens die Slag van die Somme behaal hy 30 oorwinnings. Toe die Royal Aircraft Factory S.E.5 bekend gestel is, moes hy afstand doen van sy Nieuport XVII. Hy behaal sy laaste en 44ste oorwinning op 6 Mei 1917, 'n Albatros D.III.
Op die laatmiddag van 7 Mei 1917 het Ball se vlug Manfred von Richthofen se rooi Jasta 11 eskader teëgekom. Ball was laas gesien toe hy in 'n donderwolk ingevlieg het. Volgens 'n Duitse offisier het hy Ball gesien in 'n onbeskadigde vliegtuig in 'n omgekeerde posisie met sy skroef wat stil gestaan het sowat 61m bokant die grond voordat hy verongeluk het. Die Victoriakruis is postuum aan hom toegeken.
Hy het op getree as raadgewer vir Austin Motor Company tydens die ontwerp van die Austin-Ball A.F.B.1.
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Britte in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Britse militariste Kategorie:Britse vlieëniers Kategorie:Kapteins Kategorie:Geboortes in 1896 Kategorie:Sterftes in 1917