Loch Lomond ([ˈlɒx ˈloʊmənd]; Skots-Gaelies: Loch Laomainn) is 'n varswater-loch in Skotland wat sowat 23 km noordwes van Glasgow geleë is en deel uitmaak van die Nasionale Loch Lomond-en-Trossachs-park, die eerste nasionale park in Skotland wat in 2002 gevestig is.

duimnael|links|Loch Lomond, soos gesien vanaf die bergpiek Ben Lomond (in 'n suidelike rigting) duimnael|links|Uitsig oor Loch Lomond vanuit die dorpie Luss, op 'n bitter koue dag in Januarie Volgens sy wateroppervlakte is Loch Lomond die grootste meer op die Britse Eilande.Peter Matthews (red.): The Guinness Book of Records 1995. Guinness World Records Limited 1994, bl. 17 23 eilande is in die loch geleë, insluitende Inchmurrin, die grootste varswatereiland op die Britse Eilande.Harry Worsley: Loch Lomond, the Lairds and the Legends. Glasgow: Lindsay Publications 1988

Loch Lomond strek oor die sogenaamde Hooglandgrensbreuk (Highland Boundary Fault), 'n groot breuksone wat dwars deur Skotland loop (vanaf Arran en Helensburgh aan die weskus tot Stonehaven in die ooste) en die Skotse Hoog- van die Laagland skei – twee van Skotland se fisiografiese en geologiese hoofstreke.

Verwysings

Eksterne skakels Wiki-webtuistes

Kategorie:Geografie van Skotland Kategorie:Mere in die Verenigde Koninkryk