Die Universiteit van Padua (Italiaans: Università degli Studi di Padova, UNIPD) is 'n vooraanstaande Italiaanse universiteit geleë in die stad Padua, Italië. Die Universiteit van Padua is in 1222 gestig as 'n regskool en was een van die mees vooraanstaande universiteite in vroegmoderne Europa. Padua is die tweede oudste universiteit in Italië en die wêreld se vyfde oudste universiteit. In 2010 het die universiteit ongeveer 65 000 studente gehad, en in 2016 was dit geklassifiseer as die beste universiteit onder Italiaanse tersiêre instellings van hoër onderwys met meer as 40 000 studente.

Verwysings

Eksterne skakels University of Padua Website Museums of the University Faculty of Engineering University Human Rights Centre

Kategorie:Italiaanse universiteite