Die Sopwith Dolphin is 'n Britse dubbeldekker vegvliegtuig wat tydens die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen het. Die Dolphin het voortgespruit uit 'n reeks vliegtuig ontwikkelings van Sopwith en daar was veral gefokus op vlieënier uitsig van uit die kajuit en bewapening. Die boonste vlerk was laer gemonteer, net bo die kajuit met 'n gaping in die vlerk sodat die vlieënier se kop bo kon uitsteek. Dit het veroorsaak dat die vliegtuig nie gewild onder alle vlieëniers was nie; hulle was bang dat die vlieënier beseer kon word met ongelukke waar die vliegtuig vorentoe oor rol. Dit het tot gevolg gehad dat ekstra beskerming oor die kajuit aangebring was. Kaptein Gillett van 79 Eskader het 14 vyandelike vliegtuie en 3 lugbalonne afgeskiet.
Die Dolphin Mk I is in 1917 in diens gestel en daar is 1,532 van die vliegtuie vervaardig. Daar was ook kleiner getalle Mk II en III's vervaardig met ander motors.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Sopwith 5F.1 Dolphin: Item Statistiek Aantal motors1 Tipe motorSkroef VervaardigerHispano-Suiza motor Kraglewering per motor200 perdekrag Vlerkspan9,91 m Lengte6,78 m Hoogte2,59 m Vlerkoppervlakte24,46 m2 Maksimum opstygmassa911 kg Maksimum snelheid180 km/h Operasionele hoogte6 095 m Togafstand315 km Klimvermoë260 m per minuutBewapeningTwee gesinchroniseerde 7,7 mm masjiengewereplus een/twee skuins opwaarts gemonteerde masjiengewere voor kajuit
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Eerste Wêreldoorlog