duimnael|250px|Carina OB1, ’n groot OB-assosiasie.
’n OB-assosiasie is ’n soort sterassosiasie, wat ’n baie los sterreswerm is waarvan die sterre ’n gemene oorsprong het maar van mekaar verwyder geraak het; hulle beweeg egter steeds saam deur die ruimte. Assosiasies word gewoonlik geïdentifiseer deur hul gesamantlike beweging en chemiese samestelling.
Jong sterassosiasies bevat 10 tot 100 swaar sterre van Klas O en Klas B, en is bekend as "OB-assosiasies". Sulke assosiasies bevat ook honderde of duisende sterre van gemiddelde massa. Lede van ’n sterassosiasie vorm vermoedelik in ’n klein streek van ’n reuse- molekulêre wolk. Sodra die omringende stof en gas weggeblaas is, begin die oorblywende sterre uiteendryf. Daar word vermoed die meeste sterre in die Melkweg het in OB-assosiasies gevorm.
O-sterre bestaan nie lank nie en sal binne sowat ’n miljoen jaar as ’n supernova ontplof. OB-assosiasies is dus gewoonlik nie ouer as ’n paar miljoen jaar nie, in teenstelling met die Son wat al sowat 4,5 miljard jaar oud is.
Die naaste OB-assosiasie aan die Aarde is die Scorpius-Centaurus-assosiasie, sowat 400 ligjare weg. OB-assosiasies is ook al ontdek in die Groot Magellaanse Wolk en die Andromeda-sterrestelsel. Hulle kan baie seldsaam wees en is gemiddeld sowat 1 500 ligjare in deursnee.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sterassosiasies Kategorie:Strukture in die heelal