David Hilbert (; 23 Januarie 1862 – 14 Februarie 1943) was 'n Duitse wiskundige. Hy word erken as een van die mees invloedryke en universele wiskundiges van die 19de en vroeë 20ste eeue. Hilbert het 'n wye verskeidenheid van fundamentele idees in baie gebiede ontdek en ontwikkel, insluitend invariante teorie en die aksiomatisering van meetkunde. Hy het ook die teorie van Hilbert-ruimtes geformuleer, een van die fondamente van die funksionele analise.
Hilbert het Georg Cantor se versamelingsteorie en transfinite getalle aangeneem en hartlik verdedig. 'n Bekende voorbeeld van sy leierskap in wiskunde is sy aanbieding in 1900 van 'n versameling van die probleme wat die koers vir heelwat van die wiskundige navorsing van die 20ste eeu beïnvloed.
Hilbert en sy studente het aansienlik bygedra tot die stigting van strengheid en belangrike gereedskap ontwikkel wat gebruik word in die moderne wiskundige fisika. Hilbert is bekend as een van die stigters van die bewysteorie en wiskundige logika, sowel as een van die eerste om te onderskei tussen wiskunde en metawiskunde.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Duitse wiskundiges Kategorie:Wiskundiges in die 19de eeu Kategorie:Wiskundiges in die 20ste eeu Kategorie:Geboortes in 1865 Kategorie:Sterftes in 1943 Kategorie:Geboortes in 1862