Bellatrix, ook bekend as Gamma Orionis, is die derde helderste ster in die sterrebeeld Jagter (Orion); dit lê 5° wes van die rooireus Alpha Orionis (Betelgeuse). Die ster is van tussen die 1ste en 2de magnitude en is effens veranderlik. Dit is omtrent die 25ste helderste ster in die naglug.

Eienskappe duimnael|links|Van links: die sterre Bellatrix, Son en Algol B.

Bellatrix is ’n swaar ster met ’n massa van omtrent 8,6 keer dié van die Son. Dit is sowat 25 miljoen jaar oud, oud genoeg om binnekort die laaste van sy waterstof op te gebruik en ’n reusester te word. Die effektiewe temperatuur op sy oppervlak is , wat heelwat warmer is as die 5 778 K op die Son. Hierdie hoë temperatuur veroorsaak die blouwit skynsel wat tipies van Klas B-sterre is.

Daar is eers vermoed Bellatrix behoort tot die Orion OB1-assosiasie, wat ’n gemeenskaplike oorsprong het en saam deur die ruimte beweeg, saam met die sterre van die Jagter se Belt, Alnitak, Alnilam en Mintaka. Dit is egter tans baie nader as die ander sterre in dié groep.

Etimologie Gamma Orionis is die ster se Bayer-naam. Die tradisionele naam, Bellatrix, is Latyn vir "vrouevegter". Dit is ook die Amasonester genoem, wat volgens Richard Hinckley Allen dalk ’n vrye vertaling van die Arabiese naam, Al Najīd, "Die Veroweraar", is. Bellatrix is een van die vier sterre van die Jagter wat vir lugruimnavigasie gebruik word.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Jagter (sterrebeeld) Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:B-tipe reusesterre