duimnael|links|220px|Die hele newel, met die gat in konteks. NGC 1999 is ’n stofgevulde, helder newel met ’n groot gat wat soos ’n swart kol lyk. Dit is ’n refleksienewel en word verlig deur die veranderlike ster V380 Orionis.

Daar is voorheen geglo die swart kol is weens ’n donker newel wat voor NGC 1999 lê en die lig blokkeer. ’n Ontleding van die kol met ’n infrafooiteleskoop, die Herschel, wat donker wolke kan penetreer, het egter in 2009 steeds ’n leë ruimte getoon. Dit het gelei tot die oortuiging dat die donker wolk dalk besonder dig is, of dat dit ’n onverklaarbare verskynsel is.

Met behulp van kameras van ’n radio- en ander teleskope op die grond is in 2009 vasgestel die gat is waarlik leeg. Die presiese oorsaak word steeds ondersoek, hoewel voorgestel is die dun gasstrale van sommige van die jong sterre in die gebied het gate in die gas en stof geskiet en dat die kragtige bestraling van ’n nabygeleë, ou ster kon gehelp het om die gat te maak. Navorsers glo dié ontdekking behoort te lei tot ’n beter begrip van die stervormimgsproses.Telescope discovers surprising hole in space , MSNBC, deur Space.com, 11-05-2010Hier ist wahrhaftig ein Loch im Himmel - The NGC 1999 dark globule is not a globule

Die newel is sowat 1 500 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Jagter.

Verwysings

Verdere leesstof National Geographic: Hole in Space Found by Orbiting Telescope deur Andrew Fazekas (12 Mei 2010)

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Jagter (sterrebeeld) 1999 Kategorie:Refleksienewels