Barnard 68 is ’n molekulêre wolk, donker of Bok-newel in die rigting van die suidelike sterrebeeld Slangdraer. Dit is sowat 400 ligjare, nog goed in die Melkweg, weg geleë, so naby dat nie ’n enkele ster tussen die newel en die Aarde gesien kan word nie. Die Amerikaanse sterrekundige Edward Emerson Barnard het dit in 1919 in sy katalogus opgeneem.
Vanweë sy ondeursigtigheid is die newel uiters koud in die middel, sowat 16 kelvin (−257 °C). Die massa daarvan is omtrent twee keer dié van die Son en dit is sowat ’n halwe ligjaar breed.
Eienskappe Al is die newel ondeursigtig, is danksy die Baie Groot Teleskoop vasgestel sowat 3 700 sterre van die Melkweg word daardeur geblokkeer. Van hulle is sowat 1 000 by infrarooigolflengtes sigbaar. Sorgvuldige meting van die graad van blokkering het gelei tot ’n goeie kartering van die stofverspreiding in die wolk. Nog noukeuriger waarnemings is gedoen met die Herschel-ruimtesterrewag.
Die ligging van ’n donker wolk in die nabyheid van die Son vergemaklik waarneming en meting aansienlik. As dit nie deur eksterne kragte beïnvloed word nie, is die stabiliteit van ’n stofwolk ’n fyn balans tussen uitwaartse druk wat deur die hitte en druk van die wolk se inhoud veroorsaak word, en die inwaartse swaartekrag. Vir die wolk om ’n ster te word, moet swaartekrag vir lank genoeg die oorhand kry om die wolk te laat instort en ’n temperatuur en digtheid te skep wat kernfusie tot gevolg het.
Barnard 68 se goed gedefinieerde grense en ander eienskappe dui daarop dat dit op die punt is om in te stort en binne die volgende 200 000 jaar of so ’n ster te word.
Verwysings
Eksterne skakels The Black Cloud - Ken Croswell C18O-oorvloed in die nabygeleë Barnard 68
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
068 Kategorie:Donker newels Kategorie:Slangdraer (sterrebeeld)