Rathlin (afgelei van Iers: Reachlainn) is 'n eiland en civil parish langs die kus van die Noord-Ierse graafskap Antrim, geleë in die Noordkanaal. Dit is die mees noordelike punt van Noord-Ierland en sy enigste bewoonde see-eiland met 'n bevolking van sowat 150.
Rathlin het vanweë sy geografiese ligging historiese en kulturele bande met Noord-Ierland en Skotland en het oorspronklik deel uitgemaak van die koninkryk Dál Riata.
Geografie duimnael|links|Rathlin se klein seehawe duimnael|links|Rathlin gesien vanuit die Mull of Kintyre in Skotland Rathlin, 'n eiland van vulkaniese oorsprong, is die mees noordelike van die bewoonde eilande van Ierland. Dit het die vorm van 'n omgedraaide L en strek oor 'n afstand van vier myl (ses kilometer) in oos-westelike rigting, en 2,5 myl (vier kilometer) in noord-suidelike rigting langs die noordooskus van Ierland. Rathlin is net 15,5 myl (of 25 km) wes van die Mull of Kintyre af geleë, die suidpunt van Skotland se Kintyre-skiereiland. Die naaste landmassas in die suide is die graafskap Antrim, die Inishowen-skiereiland in die Ierse graafskap Donegal in die weste, en die eiland Islay (wat deel uitmaak van die Hebride-eilandgroep) in die noorde.
Die hoogste punt op Rathlin is Slieveard, 440 voet (of 134 meter) bo seevlak.
Administratief val die eiland onder die Causeway Coast and Glens-distriksraad. Die grootste deel van Rathlin is in privaat besit en word vir boerderydoeleindes gebruik. Die eiland beskik oor 'n moderne infrastruktuur met vervoer- en kommunikasiegeriewe sowel as toeristefasiliteite.
Eksterne skakels Webtuiste van die eilandgemeenskap
Rathlin Community Toerisme
Discover Northern Ireland: Rathlin Island Media
YouTube.com: Northern Ireland Environment Agency (NIEA) - Rathlin Island, A Place Apart Rathlin Island: 4K-hommeltuigopnames DJI Phantom 4-hommeltuigopnames in 1080p BBC News 2018: Being 18 on UK's Rathlin Island
Kategorie:Eilande van die Verenigde Koninkryk Kategorie:Geografie van Noord-Ierland