Patricia Berjak FRSSAf (29 Desember 1939 – 21 Januarie 2015) was 'n Suid-Afrikaanse botanis wat bekend was vir haar werk oor die biologie van plantsade, veral saadverset. Sy was 48 jaar lank professor aan die Universiteit van Kwazulu-Natal (UKZN).
Loopbaan Berjak het haar B.Sc. graad in biochemie aan die Universiteit van die Witwatersrand (1962) verwerf, en verder by die Universiteit van Natal (nou UKZN) gestudeer, waar sy haar M.Sc. in soogdierfisiologie en biochemie (1966) en PhD in saadbiologie (1969) verwerf het. Sy was 'n lid van die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika, en 'n Genoot van die Universiteit van Natal, die Royal Society of South-Africa en die Derde Wêreld Akademie van Wetenskappe. Sy is bekroon met die Orde van Mapungubwe (Silwer) in 2006. Die standaard benaming Berjak word gebruik om haar as outeur aan te gee by botaniese name.
Sien ook Lys van botaniste volgens outeursafkorting
Verwysings
Verdere leesstof
Kategorie:Geboortes in 1939 Kategorie:Sterftes in 2015 Kategorie:Suid-Afrikaanse botanici