NoFap is ’n webtuiste en gemeenskapsforum wat dien as steungroep vir mense wat pornografie en masturbasie wil vermy. Die naam kom van die internet-slengterm fap, wat verwys na manlike masturbasie.

Stigting NoFap is in Junie 2011 deur Alexander Rhodes gestig nadat ’n plasing op Reddit oor ’n Chinese studie van 2003 bespreek waarin bevind is mans wat sewe dae lank nie masturbeer nie ondervind ’n toename van 45,7% in testosteroonvlakke, die voorblad van ’n gewilde forum op Reddit gehaal het. Alexander Rhodes verskyn in die dokumentêr met die titel Sticky: A (Self) Love Story, wat deur Nicholas Tana geskryf en geregisseer is, en bespreek daarin sy bevindings en sy menings oor masturbasie.http://www.fandango.com/movie-trailer/sticky:aselflovestory-trailer/189754

Rhodes het NoFap hierna as ’n "subreddit"-forumgemeenskap op Reddit gestig. NoFap het aanvanklik weeklikse en maandelikse uitdagings aan ’n klein groep mense op die forum gestel en daarna het die administrateurs ’n daaglikse telstelsel daargestel. Nuwe forumlede stel vir hulself persoonlike doelwitte. Die verskynsel word soms in Engels fapstinence genoem.http://gawker.com/5994669/in-defense-of-masturbationhttps://www.independent.co.uk/life-style/love-sex/masturbation-giving-up-effects-life-changes-reddit-nofap-men-say-it-gave-them-superpowers-a7345466.htmlhttp://www.dailypublic.com/articles/05242017/grumpy-ghey-fap-flap

NoFap.com Gebruikers op NoFap se subreddit het in twee jaar meer as verdriedubbel en dit het daartoe gelei dat Rhodes ’n off-Reddit-forum by NoFap.com gestig het. Hy het ook ander planne beraam om die webtuiste se groeiende faksies in Brasilië, Duitsland en China beter te kan dien. NoFap.com is ’n forumstyl-webtuiste waar individue wat onderneem het om hulle vir ’n tydperk van pornografie en masturbasie te weerhou, kan gesels oor hul ondervindings en kan deelneem aan uitdagings om hulle te help herstel. NoFap.com is die susterwebtuiste van die NoFap-gemeenskap op Reddit.

Lede Die lede van NoFap wissel van ateïste soos die stigter, Rhodes, tot fundamentalistiese Christene. Voue behoort ook daartoe. Die lede noem hulself "Fapstronauts." Sommige selferkende pornoverslaafdes gaan na NoFap vir hulp, terwyl ander aansluit vir die uitdaging om hul lewe en/of interpersoonlike verhoudings te verbeter.

Sommige van die NoFlap-lede beweer nadat hulle ’n ruk lank van pornografie en masturbasie weggebly het, ondervind hulle onder meer "’n drastiese toename in sosiale selfvertroue, energie, konsentrasie, helderheid van verstand, motivering, emosionele stabiliteit, geluk, seksuele vaardigheid en aantrekkingskrag vir die teenoorgestelde geslag. Sommige NoFap-gebruikers beweer hul brein het verwronge geraak weens pornografie, ten koste van verhoudings in die regte lewe.

Ander se menings Sommige joernaliste, van wie verskeie aan die programme deelgeneem het, het NoFap gekritiseer. Die neurowetenskaplike Elizabeth Brown het ook sommige bewerings deur lede van NoFap bevraagteken. Die sielkundige David J. Ley het geskryf: "Ek's nie teen hulle nie, maar ek dink wel hul idees is simplisties en naïef en verteenwoordig ’n hartseer, reduksionistiese en verdraaide siening van manlike seksualiteit en manlikheid".

Gedragskenners het statistieke wat van NoFap verkry is, gebruik om verslawing te bestudeer. Robert Weiss van The Huffington Post beskou NoFap as deel van ’n tegno-teenreaksie. Nog kritiek is dat die onderneming vernederende newe-effekte veroorsaak soos verlengde en/of ongewensde ereksies in mans of ’n oormatige libido.

Aan die positiewe kant het die Duitse gedragsekonoom Alec Sproten van die Universiteit van Heidelberg ’n opname gedoen wat daarop dui dat weerhouding van pornografie die deelnemers meer onbaatsugtig, pligsgetrou en waagmoedig laat voel het.Wolking, Sebastian (2016): http://www.unicum.de/de/studentenleben/liebe-sex/nofap-die-porno-verweigerer

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste The #1 Threat to the NoFap's Challenges and Porn Addicts deur Alexander Rhodes NoFap se wikibladsy op Reddit

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Pornografie Kategorie:Masturbasie Kategorie:Webwerwe