duimnael|260px|Die porno-aktrises Riley Steele, Stoya, BiBi Jones, Kayden Kross en Jesse Jane by die AVN-toekenning van 2012 in Las Vegas, Nevada.

’n Pornografiese akteur of pornoster is ’n akteur of aktrise wat seksdade op film uitvoer vir ’n pornografiese rolprent. Dié prente word in verskeie genres gemaak en beeld seksuele fantasieë vir die kyker uit. Die akteurs in ’n spesifieke rol word gekies na gelang van hul vermoë om daardie spesifieke fantasie te help skep. Pornografieprente is gewoonlik óf "sagte" pornografie, sonder die uitbeelding van penetrasie of ekstreme fetisjisme, óf "harde" pornografie, waarin penetrasie of fetisjisme, of albei, voorkom. Die meeste akteurs spesialiseer in sekere genres, soos lebiese seks, vasbinding, meervoudige penetrasies, anale seks, die sluk van semen, veelrassige seks of seks met tieners of sogenaamde MILFs (ouer vroue).

Oorsig duimnael|links|Die akteurs Phil Hollyday en Angell Summers in ’n toneel uit Montre-moi du rose, (2009). In pornografieprente wat op die heteroseksuele manlike kyker gemik is, is die hooffokus op die vroue in die fliek. Hulle word gewoonlik gekies volgens hul voorkoms, aantrekkingskrag of bereidwilligheid en vermoë om spesifieke seksdade uit te voer.

Die pornografiebedryf in die VSA het eerste ’n pornosterstelsel ontwikkel, veral om kommersiële redes. In ander lande is dit minder algemeen omdat die sterre gewoonlik amateurs is. Die meeste akteurs gebruik ’n skuilnaam en streef na anonimiteit van die stel af. Dit gebeur selde dat pornosterre later in hoofstroomflieks speel. Sommige werk as ontkleedanseresse of gesellinne.

Daar is prestasiepryse in die pornografiebedryf, soos die AVN-, XRCO- en XBIZ-pryse. Die AVN-pryse word geborg en toegeken deur die Amerikaanse tydskrif vir die volwassevideobedryf AVN (Adult Video News). Hulle word dikwels die "Oscars van pornografie" genoem. Die pryse word verdeel in byna 100 kategorieë, waarvan sommige ooreenstem met pryse in die gewone rolprentbedryf en ander vir spesifieke rolle in erotiese prente en video's is. Die XRCO-pryse word jaarliks deur die X-Rated Critics Organization uitgedeel. Die Venus-pryse word elke jaar in Berlyn toegeken as deel van die Venus-handelskou.

Die getal pornosterre wat al in Amerika gewerk het, kan afgelei word van die getal akteurs wat deur die gesondheidsorgstigting vir die volwassebedryf, AIM, getoets is. Toe die stigting se pasiëntdatabasis in 2011 uitgelek is, het dit besonderhede oor meer as 12 000 pornosterre bevat wat sedert 1998 getoets is. In 2011 het rofweg tussen 1 200 en 1 500 akteurs in Kalifornië se "Pornovallei" gewerk.

Geskiedenis Die vervaardiging van riskante prente het begin met die uitvinding van fotografie. Bewegende prentjies waarin naaktheid uitgebeeld is, was gewild in die speletjiesarkades van die vroeë 1900's waar prente met ’n handvatsel aangedraai is. In hierdie prente was daar bostuklose vroue, volle naaktheid van voor en selfs seksdade.

duimnael|160px|Die plakkaat vir Deep Throat, met Linda Lovelace.

Erotiese prente het omtrent dadelik op die uitvinding van die rolprent gevolg. Die eerste erotiese fliek was die 1896-prent Le Coucher de la Mariée van sewe minute met die Fransman Albert Kirchner as regisseur (onder die naam "Léar"). Louise Willy het daarin ’n ontkleedans in ’n badkamer uitgevoer.Richard Abel, Encyclopedia of early cinema, Taylor & Francis, 2005, , p.518 Ander Franse rolprentmakers het ook sulke riskante films begin vervaardig wat vroue wys terwyl hulle uittrek. Veral die broers Pathé het in die aanvraag deur die hele Europa voorsien.Michael Achenbach, Paolo Caneppele, Ernst Kieninger: Projektionen der Sehnsucht: Saturn, die erotischen Anfänge der österreichischen Kinematografie. Filmarchiv Austria, Wien 2000, . In Oostenryk het Johann Schwarzer tussen 1906 en 1911 altesaam 52 erotiese prente vervaardig waarin plaaslike vroue ten volle nakend verskyn het as teenvoeter vir die Franse produksies.

Die akteurs in hierdie vroeë flieks se name is selde genoem of hulle het skuilname gebruik om regstappe en sosiale teenkanting te vermy. Die gebruik van skuilname duur voort in die bedryf en sommige akteurs gebruik verskeie skuilname, na gelang van die genre, of kies ’n nuwe een as die oue nie meer ’n trekpleister is nie.

Die eerste vroulike pornoster wat algemeen bekend geraak het, is waarskynlik Linda Lovelace (die skuilnaam van Linda Susan Boreman) van New York, wat in 1972 in die prent Deep Throat gespeel het. Casey Donovan het egter in 1971, amper ’n jaar voor Deep Throat, in die eerste hoofstroom-pornotreffer, Boys in the Sand, gespeel. Die sukses van Deep Throat, wat wêreldwyd miljoene dollars laat instroom het, het die opkoms van ander pornosterre en die maak van soortgelyke rolprente aangemoedig. Voorbeelde is Marilyn Chambers (Behind the Green Door), Gloria Leonard (The Opening of Misty Beethoven), Georgina Spelvin (The Devil in Miss Jones) en Bambi Woods (Debbie Does Dallas).

Die 1970's is die goue tydperk van pornografie genoem. Pornoflieks is in openbare teaters vertoon en aanvaar (of ten minste verdra).Second wave: Feminism and porns golden age . Radical Society, Oktober 2002 deur Loren Glass Hierdie goue tydperk het tot laat in die 1970's of vroeg in die 1980's geduur. Seksprente van dié tyd het spesifieke storielyne en promosiebegrotings gehad en akteurs het sterre geword.

Sterre Porno-aktrises duimnael|160px|Die porno-aktrise Alyssa Lynn in 2014 by die AVN-toekennings in Las Vegas. duimnael|160px|Rocco Siffredi en Rosa Caracciolo in 2011 op die AVN-toekennings.

Die meeste pornografieprente is gemik op ’n heteroseksuele manlike gehoor en die keuse van vroue is dus baie belangrik. Die aktrises word gekies volgens hul vermoë om ’n seksuele fantasie vir die manlike kyker te help skep. Dit is soms spesifieke eienskappe, soos groot borste, ’n haarkleur of , etnisiteit of hoe goed sy met sekere seksdade is. Hulle moet ’n positiewe houding toon en dit moet lyk asof hulle alles geniet. Hulle word voorgehou as altyd gewillig om in enige seksdaad betrokke te raak met hul manlike mede-akteur, wat vir die kyker "instaan".

Die meeste aktrises spesialiseer in sekere genres, soos lebiese seks, vasbinding, meervoudige penetrasies, anale seks, die sluk van semen of veelrassige seks. Seksdade kan gesimuleer wees of nie, maar van akteurs word gewoonlik verwag om nakend te wees.

Die voorkoms van die aktrise op die skerm is ook baie belangrik. Hulle is gewoonlik in hul 20's of 30's. Daar is ’n voorkeur in die bedryf vir vroue met groot borste en sommige ateljees moedig hul aktrises aan om borsinplantings te kry, en betaal selfs vir die prosedure.

Volgens die voormalige akteur Jonathan Morgan, wat later ’n regisseur geword het, word vroue gegradeer soos A, B en C. "Die A is die vrou op die voorkant van die (video- of DVD-)houer. Sy het die mag. Sy kan laat opdaag, of glad nie; 99,9% van hulle doen dit." Die minder suksesvolle aktrises is meer geneig om meer ekstreme dade uit te voer soos dubbele anale penetrasie. Dié wat meer ekstreme dade doen, sal waarskynlik meer werkaanbiedings kry. Soms is dit ’n manier vir ouer en minder beeldskone vroue om ’n rol los te slaan. Volgens Morgan "word sommige meisies binne nege maande of ’n jaar opgebruik".

Porno-akteurs Terwyl die voorkoms van aktrises veral belangrik is, word manlike akteurs gekies volgens hul vermoë om die begeertes van die manlike kyker uit te leef en dus vir die kyker "in te staan". Vir heteroseksuele pornoflieks word hulle dus eerder vir hul seksuele vaardigheid gekies as vir hul voorkoms. Hulle moet naamlik drie dinge kan doen: ’n ereksie kry terwyl hulle soms op ’n besige en veeleisende rolprentstel is, daardie ereksie behou terwyl hulle voor die kamera optree en dan op die regte oomblik ejakuleer. In die verlede sou die akteur se onvermoë om ’n ereksie te behou of ’n voortydige ejakulasie ’n prent kon ruïneer. Dié probleem is in ’n mate deur die gebruik van Viagra opgelos. As ’n akteur sy ereksie verloor, word die verfilming vir sowat 45 minute gestaak sodat die uitwerking van die Viagra kan inskop. Die nadeel is dat dit die akteur se gesig merkbaar rooi laat word, dit hom hoofpyn gee en dit moeilik maak om ’n orgasme te kry. Volgens die regisseur John Stagliano kan hulle ook minder eg voorkom, want met Viagra kan hulle seks hê sonder om gestimuleer te wees."

Ron Jeremy, John Holmes, Peter North, Rocco Siffredi en Liam Chick word deur die tydskrif AVN as die topakteurs van alle tye in pornografie beskou. Jeremy is sedert die 1970's in die bedryf en het ’n soort kultuurikoon geword.

Nywerheidspraktyke Betaling duimnael|links|Die Franse sterre Lou Charmelle en Manuel Ferrara (foto met die vergunning van explicite-art.com). duimnael|links|Mike Angelo en Jessie Volt doen ’n gonzo-toneel.

Die meeste manlike sterre in die heteroseksuele pornobedryf word minder betaal as hul vroulike eweknieë. Die akteur Ron Jeremy het in 2003 oor die betaling van pornosterre gesê: "Vroue kan maklik $100 000 tot $250 000 per jaar maak, plus geld vir ekstra goed soos ontkleevertonings en verskynings. Die gemiddelde man maak $40 000 per jaar." En in 2008: "Die gemiddelde man kry $300 tot $400 per toneel, of $100 tot $200 as hy nuut is. ’n Vrou maak $100 000 tot $250 000 per jaar."

In 2011 het die bestuurder van die porno-aktrise Capri Anderson gesê: "’n Vrou met ’n kontrak sal net vir een maatskappy werk, vir niemand anders nie. Die meeste aktrises in die volwassebedryf is vrye agente – hulle sal vir enigiemand werk. Die meeste vroue met ’n kontrak maak $60 000 per jaar. In een jaar kan sy gemiddeld vier prente maak en die verfilming van elk duur sowat twee tot drie weke."

Volgens die Los Angeles Times was die betaling in 2009 vir ’n vrou wat tonele met mans en ander vroue doen, $700 tot $1 000.

Volgens sommige bronne word mans in die gay pornobedryf gewoonlik meer betaal as in heteroseksuele prente. Mans wat hulself as heteroseksueel beskou maar soms gay pornografie doen, word gay-for-pay genoem. Hulle tree dus in gay prente op net vir die meer geld.

Volgens die vervaardiger Seymore Butts, wat ook sy eie werwingsagentskap het, verdien vroue wat beide heteroseksuele en lesbiese tonele doen, gewoonlik meer as dié wat net tonele met mans doen. Volgens Videobox, ’n porno-webtuiste, kry aktrises die volgende betaling: orale seks: $200-$400; heteroseksuele seks: $400-$1 200; anale seks: $900-$1 500; dubbele penetrasie: $1 200-$1 600; dubbele anale penetrasie: $2 000. Vir meer ongewone fetisje kry vroue gewoonlik 15% ekstra.

In 2001 het die aktrise Chloe gesê: In gonzo word jy nie per prent betaal nie, maar per toneel. So dit is vrou met vrou: $700, plus $100 vir ’n anale speelding. Man en vrou: $900. Anaal: $1 100. Solo: $500. Dubbele penetrasie: $1 500."

Bykomend tot hul optrede in rolprente maak pornosterre ook ekstra geld deur onderskrywings- en verskyningsfooie. In 2010 het sommige nagklubs byvoorbeeld vroulike pornosterre en Playboy Playmates betaal om daar op te tree en die algemene publiek te lok; Jesse Jane is na berig word $5 000 tot $10 000 betaal vir een verskyning in ’n klub in Chicago.

Gesondheidskwessies