J.B.O. is 'n "Fun-Metal" musiekgroep wat in 1989 in Erlangen gestig is. Hulle is veral bekend vir hulle parodië van meer bekende musiek. Aanvanklik het die groep meestal coverweergawes van bekende liedjiesdie Oorspronklike en die parodie. jbo.de in die rock- en popmusiekgenres gespeel, met humoristiese verdraaide lirieke en 'n Heavy metal-styl. Rondom 2000 het J.B.O. meer van sy eie komposisies begin gebruik, maar nie uitsluitlik nie. Die sterker fokus op sy eie komposisies, is ook te danke aan die feit dat baie van die beplande coverweergawes nie deur die oorspronklike skrywers goedgekeur is nie. Sekere van hierdie beplande tekste is op die groep se webwerf gepubliseer,Verwerp Dek Weergawes. jbo-fans.de en ander word in konserte gespeel.

Geskiedenis Vroeë jare duimnael|links|Die E-Werk in Erlangen, waar J.B.O. gestig is. Die Band J.B.O. is oorspronklik deur die twee hoofspelers Hannes "G. Laber" Holzmann en Veit Kutzer alias "Vito C." as 'n suiwer pretprojek onder die naam "James Blast Orchester" gestig. Die naam was 'n verwysing na die bekende Duitse orkes "James Last Orchester" onder leiding van James Last. Hulle eerste beplande optrede was 'n verskyning op 29 Oktober 1989 op die Newcomer-Festival in Erlangen se E-Werk, waar die twee gereelde gaste was. In voorbereiding het hulle 'n paar stukke opgeneem. Onder van hulle eerste nommers was No Sleep 'til Bruck (Bruck verwys hier na 'n voorstad van Erlangen), 'n cover van No Sleep'til Brooklyn van die Beastie Boys, asook Instrumentalmedley I & II, wat later as Melodien für Melonen (melodieë vir spanspekke) herdoop is en die eerste weergawes van Kuschelmetal (snoesige metal), wat later die eerste lied op die debuutalbum Explizite Lyrik (Eksplisiete lirieke) van 1995 sou word.

No Sleep 'til Bruck is deur die plaaslike radiostasie "Downtown" gespeel en het die nommer een plek op die trefferlys bereik, alhoewel die groep tot op daardie stadium geen lewendige optredes gehad het nie. As gevolg van hierdie plasing is 'n kasset uitgegee in 'n mikro-uitgawe van 50 stuk.

Omdat die groep vir die eerste verskyning in die Erlangense E-werk twee verdere musikante nodig gehad het, is Holmer "a Bier" Graap as tromspeler en Thomas "Schmitti" Schmitt as baskitaarspeler ingeneem. Beide was vroeër in Holzmann se voormalige groep Fair Warning. 'n Kernelement van die groep se toerusting was die pienk tromstel van Graap. Hulle het dus besluit om pienk uitrustings te dra, en pienk is dus tot nou toe 'n sentrale element van J.B.O. se styl.

In 1994 is die liedjie Ein guter Tag zum Sterben ("'n goeie dag om te sterf") op die plaaslike radiostasies gespeel en die luisteraars het geleidelik begin om 'n opname van hierdie liedjie aan te vra. Aangesien daar nog geen weergawe te koop was nie, het die groep besluit om in die SAE Studio, waar Holzmann besig was met sy opleiding as 'n klankingenieur, die EP Eine gute CD zum kaufen! ("'n goeie CD om te koop!") op te neem. Die laaste lied van die CD, Hymne, is egter in die ateljee opgeneem deur Jay Meinl, wat saam met Vito C. en Wolfram Kellner (later 'n lid van Fiddler's Green en vanaf 2000 die tromspeler van J.B.O.) in die groep Carswell gespeel het.

Joe Raimond, een van die twee eienaars van die musiekuitgewer Musical Tragedies, toe 'n kontrak met J.B.O. gesluit. Benewens die bekende CD, is 'n beperkte uitgawe Vorm-CD uitgebring, in die vorm van 'n Kitzmann bierkis onder die titel Eine gute CD zum Saufen! ('n goeie CD om te suip!) met groen omslagkunswerk. Aan die einde van 1994 is die EP BLASTphemie as 'n kersopname uitgegee wat ook 'n tweede CD bevat het, met hash ('n cover van ZZ Top se "Tush") en Schlimme Nacht, schleimige Nacht ("Slegte nag, slymerige nag", 'n cover van "Stille Nag").

Die biermaatskappy Patrizier-Bräu AG in Fürth het as gevolg van 'n gedeelte van die lirieke van "Kitzmann-rock'n Roll" gedreig om regstappe te neem: "Geen and're bier is vir ons gereg, en van Patrizier voel ons sleg, ook Tucher find ons nie beter, proe soos reinste rioolwater." In verdere opnames van daardie lied is die twee handelsname verskuil deur hulle ageruit te speel.http://www.jbo-fans.de/v2005/index.php/faq/category/pariser-bier/http://rock-jannik.de.tl/JBO.htm In later nommers is "Patrizier" vervang met "Pariser Bier" (Paryse bier), wat tot 'n wederkerende grap ontwikkel het.

Explizite Lyrik en Laut! (1996 tot 1998) Die liedjies van die eerste jaar van die groep se geskiedenis, wat voorheen net in optredes gespeel is, het nou op die debuutalbum Explizite Lyrik verskyn. In die eerste drie maande is ongeveer 10 000 eksemplare verkoop, wat 'n wesentlike verkoopsukses vir die Band was. Teen 1998 het die plaat met 250 000 eksemplare goue status bereik. Aan die begin van Maart 1996 is die streng beperkte uitgawe Vorm-CD No Business like Shoebusiness in die vorm van die Dr. Martens-logo gepubliseer. Hierdie CD was beplan om 'n reeks van soortgelyke publikasies van ander groepe af te skop, maar die spesiaal gestigte plaatuitgewer "Dr. Martens Records" het egter gou bankrot gegaan en J.B.O. het nooit geld uit hierdie publikasie gemaak nie.

Op 13 Mei 1996 het J.B.O. by 'n konsert van die Beierse uitsaaikorporasie in die Alabamasaal in München opgetree. Die debuut-album, Explizite Lyrik het sodoende 'n herlewing ervaar, en het in Julie 1996 die 57ste plek op die Duitse platelys bereik, en 36 weke op die lys gebly. Die "Searock Festival" van 27 Julie by die Dechsendorfer Weiher is opgeneem vir 'n beperkte uitgawe EP Der weiße Hai im Dechsendorfer Weiher (Die wit haai in die Dechsendorf dam). Op 28 Augustus 1996 verskyn die EP Die Megra Hit Twingle, waarvoor twee video's geproduseer is: Mei Alde is im Playboy drin en Schlaf, Kindlein, Schlaf.

In die dieselfde jaar, het die platemaatskappy van James Last 'n klag teen J.B.O. ingedien aangesien die groep se naam tot verwarring kon lei, en geëis dat hulle ophou om CD's met die opskrif "James Blast Orchester" te versprei. Die groep het dus hulle naam verander na sy huidige vorm, met kleinskrif "James zensiert!chester" daaronder (m.a.w. met. Last se naam uitgewis). In 1997 het J.B.O oorgeskakel na die platemaatskappy Lawine/BMG, en op 5 Mei van daardie jaar het hulle tweede album onder die titel laut! ("hard!") verskyn met 'n eerste druk van 100 000 kopieë. Die platemaatskappy van Rammstein het egter 'n klag ingedien aangesien die kitaarriffs van Ein bisschen Frieden ('n cover van die poplied met dieselfde naam deur Nicole) direk uit die Rammstein-lied Wollt ihr das Bett in Flammen sehen geneem is. Die lied en die CD-boek is dus in latere drukkings aangepas, maar die eksemplare wat reeds in die winkels was kon wel verder verkoop word.

'n Week na sy publikasie, het die eerste uitgawe van laut! die dertiende plek op die Duitse albumlys behaal en dit het vir 20 weke op die lys gebly. Explizite Lyrik het ook daarby gebaat en het weer in die trefferlys verskyn. Die eerste twee albums se gesamentlike verkope het teen die einde van 1997 meer as 350 000 beloop (Explizite Lyrik 200 000 en laut! 150 000), maar die groep se tweede goue plaat het eers in 2009 gekom, toe laut! die 250 000 verkope mylpaal behaal het. Op 4 Mei 1998 het 'n kompilasie van die groep se partytjieliedjies uitgekom onder die naam ... und Spaß dabei.

Meister der Musik, Sex Sex Sex en Rosa Armee Fraktion (1998 tot 2002) J.B.O. se derde studioalbum, Meister der Musik ("Meesters van Musiek") is by die Comomeer in Italië in 1998 opgeneem. Die Album is op 14 September 1998 vrygestel, en het twee weke in die top 10 van die duitse albumlys deurgebring, met 'n hoogste rang van 6de plek. Op 7 Augustus 1999 het die groep hulle tienjarige bestaan gevier, en 'n "tuisvideo" in VHS formaat vrygestel, met verskeie konsertopnames, insluitend TV-optrede van 13 Mei in die Alabamasaal in München, asook 'n paar selfopgeneemde sketse. Die video is in 2009 in DVD formaat herdruk. Op 28 Augustus het J.B.O. hulle eerste internasionale konsert, in Luxemburg, gehad.

Vanaf Februarie tot Maart 2000 het J.B.O. in Tenerife aan hulle vierde Studioalbum gewerk. Tydens hierdie werk het Baskitaarspeler Schmitti en tromspeler Graap uit die groep bedank. Wolfram Kellner, 'n jarelange vriend van Vito uit die groep Fiddler's Green getree om by J.B.O. as tromspeler aan te sluit, en 'n paar maande later het Ralph Bach die nuwe Baskitaarspeler geword. In September is die album wat in Tenerife opgeneem is, onder die titel Sex Sex Sex ("Seks Seks Seks" - 'n woordspeling op "666") vrygestel, en het die 13de plek op die Duitse albumlys behaal.

Die groep het met hulle twee nuwe lede gesamentlik die grootste J.B.O. toer sover aangepak, waar 'n paar konserte (onder andere in die Hamburgse Hawe) opgeneem is vir 'n live album, wat op 1 Oktober 2001 onder die titel Live Sex vrygestel is. Vanaf Februarie tot Maart 2002 het hulle op die Kroatiese eiland Krk aan 'n vyfde studioalbum gewerk. Die album het onder die titel Rosa Armee Fraktion ("Pienk weermag groep", 'n sinspeling op die terreurgroep Rote Armee Fraktion) op 9 Februarie 2002 verskyn, en het netsoos die vorige album ook die 13de plek op die duitse albumlys behaal.

United States of Blöedsinn en Head Bang Boing (2003 tot 2007) In Desember 2003 het J.B.O. in Duitsland hulle sesde album opgeneem, wat op 2 Augustus 2004 onder die naam United States of Blöedsinn verskyn: Blöedsinn is 'n bewustelike verkeerde spelling van die Duitse woord vir "onsin". Die single Gänseblümchen (daisy) is deur die Duitse Federale Departement vir media skadelik vir jong persone as gevolg van 'n paar teksgedeeltes ondersoek, maar dit is besluit om dit nie onder ouderdomsbeperking te plaas nie. Hierdie album het nommer 6 in die albumlys behaal. Op 31 Julie 2004 het die groep hulle vyftienjarige herdenking onder die leuse "30 Halbe" ("30 helftes", 'n verwysing na halfliter bier) by die Dechsendorfer Weiher gevier. Hulle voormalige tromspeler Graap het hier verskyn en saamgespeel.

In 2005 was hulle een van baie ondersteuningsgroepe op die EuroSpeedway in Lausitz by die afskeidskonsert van Böhse Onkelz, by 'n skare van meer as 100 000. In Julie het die kompilasie-album Eine gute BLASTphemie zum kaufen ("'n goeie BLASTfemie om te koop") verskyn: dit was 'n samestelling van die groep se eerste EPs van J.B.O., met 'n paar minder bekende werke, en op 21 Oktober is dit gevolg deur die DVD TV Blöedsinn. Kort daarna het die kompilasie Für Anfänger ("Vir beginners") verskyn, 'n versameling van hulle beste werke tussen 1995 tot 2005, hoofsaaklik gerig op nuwe aanhangers.

Daarbenewens het J.B.O. in 2005 'n nuwe platemaatskappy, Megapress, gestig. Hulle eerste publikasie, op 13 Oktober 2006, was die EP Rock Muzik, wat plek 56 in die Duitse trefferlys bereik het. Hulle sewende Ateljee-album Head Bang Boing, die eerste vollengte album van Megapress, is op 28 September 2007 uitgegee, maar het die swakste gedoen van al die albums tot op daardie datum, met 'n 39ste plek op die Duitse albumlys.

I Don’t Like Metal en Killeralbum (2008 tot 2013) In Julie 2009 het J.B.O. met laut! hulle tweede goue plaat behaal. In dieselfde jaar verskyn die eerste single van die opkomende album: Angie – quit living on dreams, 'n cover van Falco se lied Jeanny, maar met verwysing na kansellier Angela Merkel. Voordat die CD op die mark gekom het, is die meegaande video op die Internet vrygestel, maar sonder om die groep bekend te maak: dit is onder die naam "Hells Angies" uitgegee. In die video is 'n geanimeerde gesig van Gerhard Schröder te sien. Op 14 Augustus 2009 is die studioalbum I don’t like Metal – I love it deur Megapress gepubliseer. Daar was ook 'n spesiale uitgawe met 'n bonus CD, men onder andere 'n gesamentlike optrede met Sepultura by die Earthshaker Festival op 19 Julie 2007.