William L. Abler (algemeen bekend as Bill Abler) is 'n Amerikaanse paleontoloog wat meestal die tande van dinosourusse bestudeer het. Hy het tirannosourus tande bestudeer en het tot die gevolgtrekking gekom dat Tyrannosourus besmetlike speeksel gehad het wat dit kon help om prooi dood te maak. In moderne diere kan hierdie speeksel gesien word in baie akkedisse, soos Varanus komodoensis, algemeen bekend as die Komodo-draak. Hy het artikels en boeke oor paleontologie geskryf, een van hulle is The Teeth of the Tyrannosaurs. Scientific American Digital - The Teeth of the Tyrannosaurs September 1999; Scientific American Magazine; by William Abler; 2 Pages Hy het ook 'n boek geskryf oor die mens se plek in die natuur, Structure of Matter, Structure of Mind: Man's Place in Nature, Reconsidered. Structure of Matter, Structure of Mind: Man's Place in Nature, Reconsidered - Pensoft Notes

Lewe

William L. Abler of bloot bekend as Bill Abler was 'n paleontoloog wat meestal die tande van dinosourusse bestudeer het en ook 'n radikale teorie van menslike taal voorgestel het wat dieselfde fundamentele beginsels as wiskunde en algebra deel.

Sy belangrikste studieveld is 'n dekade lange ondersoek na die aard van menslike verstand, taal en wiskunde, wat hy as verenig en onderworpe aan dieselfde eerste beginsels sien. Vanaf 1989 tot en met sy 2005-boek Structure of Matter, Structure of Mind: Man's Place in Nature, Reconsidered stel Abler 'n teorie van taal voor wat gebaseer is op die gemeenskaplikhede daarvan met algebra en rekenkunde, en gesentreer op sinsimmetrie en hul ekwivalensie met wiskundige vergelykings. Abler, wat na sy teorie as die getallelynbeginsel verwys, verwerp die dominante aanname dat taal as gevolg van natuurlike seleksie by mense ontstaan ​​het.

Abler se teorie, beskryf as van "buitengewone oorspronklikheid," dit het tot op hede nie wydverspreide aandag of ondersteuning gevind nie.Scientific American Digital - The Teeth of the Tyrannosaurs September 1999; Scientific American; by William Abler; 2 PagesStructure of Matter, Structure of Mind: Man's Place in Nature, Reconsidered- Pensoft Notes Structure of Matter, Structure of Mind: Man's Place in Nature, Reconsidered, p. 89 Book Review, Structure of Matter, Structure of Mind: Man's Place in Nature, Reconsidered- Quarterly Review of Biology, Vol 82, No 1, March 2007

Sien ook Paleontologie Geologie

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse wetenskaplikes Kategorie:Geoloë Kategorie:Paleontoloë Kategorie:Lewende mense