Per E. Ahlberg is 'n Sweedse paleontoloog wat met die vroegste Tetrapoda gewerk het. Hy het sy Ph.D. in dierkunde in 1989 aan die Universiteit van Cambridge verwerf. Hy is tans 'n professor by die departement organiese biologie aan die Universiteit van Uppsala. Hy het saam met die Engelse paleontoloog Jennifer A. Clack aan 'n aantal projekte gewerk.
Ahlberg het 'n studiebeurs van die Europese Navorsingsraad gekry vir sy navorsing oor die vis-tetrapode-oorgang. The research council presents Per Ahlberg with the Advanced Grant (in Sweeds) Hy is vroeg in 2012 tot die Sweedse Wetenskapakademie verkies.
Verwysings
Kategorie:Geoloë Kategorie:Paleontoloë