200px J. P. Donleavy Iers-Amerikaanse skrywer en dramaturg
Literêre stroming Postmodernisme
Beduidende werke The Ginger Man (1955) J. P. (James Patrick) Donleavy (* 23 April 1926 in Brooklyn, New York Stad, Verenigde State; † 11 September 2017 in Mullingar, graafskap Westmeath, Republiek IerlandAnita Gates in The New York Times, 13 September 2017: J.P. Donleavy, Acclaimed Author of ‘The Ginger Man,’ Dies at 91. Besoek op 6 Oktober 2017) was 'n Iers-Amerikaanse roman- en toneelskrywer. Hy het veral bekendheid verwerf met sy eerste - en volgens vele kritici beste - roman The Ginger Man (gepubliseer in 1955) wat in 1947 in boheemse studentekringe van na-oorlogse Dublin afspeel en in die Republiek Ierland en die Verenigde State aanvanklik weens obseniteit verban is. Die werk, waarvan meer as 45 miljoen eksemplare verkoop is, word gelys in die uitgewery Modern Library se 100 beste romans van die 20ste eeu.Dwight Garner in The New York Times, 14 September 2017: A Toast for J. P. Donleavy. Besoek op 6 Oktober 2017
In 1992 het Donleavy 'n persoonlike dokumentêr oor sy terugkeer na Ierland, die land van sy voorvaders (sy ouers het hulle as Ierse immigrante in die VSA gevestig), vir die Amerikaanse The Discovery Channel vervaardig. Donleavy het sedert die 1970's op die landgoed Levington Park in die Ierse graafskap Westmeath gewoon.
Verwysings
Eksterne skakels Kompendium The J. P. Donleavy Compendium Onderhoude The Paris Review, Issue 63, Fall 1975: J. P. Donleavy, The Art of Fiction No. 53
Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Amerikaanse dramaturge Kategorie:Ierse skrywers Kategorie:Ierse dramaturge Kategorie:Geboortes in 1926 Kategorie:Sterftes in 2017