Arlene Isabel Foster (née Kelly; * 17 Julie 1970 in Enniskillen, graafskap Fermanagh, Noord-Ierland) is 'n Noord-Ierse politikus wat sedert Desember 2015 die amp van partyleier van die Demokratiese Unionisteparty (DUP) beklee. Sedert 2003 verteenwoordig sy die kiesafdeling Fermanagh and South Tyrone in Noord-Ierland se Wetgewende Vergadering.
Foster het tydens haar loopbaan ministersampe in die Noord-Ierse regering (Northern Ireland Executive) beklee - as Minister van Omgewingsake (2007 tot 2008), Minister vir Ondernemings, Handel en Beleggings (2008 tot 2015) en Minister vir Finansies en Personeel (2015 tot 2016). In Januarie 2016 is Foster as Eerste Minister van Noord-Ierland ingesweer, 'n amp waarin sy haar uitvoerende gesag met Martin McGuinness gedeel het. Sy was die eerste vroulike Noord-Ierse premier.
Nadat die DUP en Sinn Féin drie jaar lank nie konsensus kon bereik oor die vorming van 'n nuwe Noord-Ierse regering nie, is onderhandelinge hervat en Arlene Foster op 11 Januarie 2020 herverkies as eerste minister.
Arlene Foster woon tans met haar eggenoot Brian en hul drie kinders in Colebrooke, graafskap Fermanagh.
Eksterne skakels Amptelike webtuiste
Kategorie:Noord-Ierse politici Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Lewende mense