duimnael|links|Die kasteel is nie net op 'n vroeë strategies belangrike heuweltop geleë nie, maar bied ook 'n uitsig oor Dundrumbaai, Newcastle en die Mourne Mountains, een van Noord-Ierland se mees dramatiese kuslandskappe duimnael|links|Uitsig oor Dundrumbaai tydens laagwater Dundrum (Iers: Dún Droma "Fort by die bergrug")Placenames Database of Ireland is 'n klein nedersetting en townland in die Noord-Ierse graafskap Down, geleë aan die Dundrumbaai, sowat vier myl buite Newcastle langs die A2-motorpad, met 'n bevolking van 1 555 volgens die sensus van 2011.
Dundrum staan veral bekend vir sy Normandiese kasteel wat teen die begin van die 13de eeu, ná die Normandiese verowering van Ulster, deur John de Courcy (1160–1219) opgerig is om die landroete tussen Drogheda en Downpatrick te beskerm. Die kasteel se ruïne is tans 'n historiese besienswaardigheid in Dundrum en bied danksy sy ligging op 'n heuwel 'n uitsig oor Dundrumbaai, gebiede in sy omgewing (waaronder die Mourne Mountains) en die Ierse Seekus.
Die sandduinhabitat en natuurbewaringsgebied Murlough Nature Reserve, wat in 1967 as Ierland se eerste natuurreservaat gevestig is en tans deur die National Trust bestuur word, is naby Dundrum geleë, met Keel Point as plaaslike toegangspunt.
Verwysings
Eksterne skakels
Ireland's Eye – Dundrum Castle
Kategorie:Nedersettings in Noord-Ierland