Die Pfalz D.III was 'n Duitse dubbeldekker vegvliegtuig wat eers in 1917 tydens die Tweede Wêreldoorlog in diens gestel was. Die ontwerp is beïnvloed deur die LFG-Roland vegvliegtuie wat Pfalz gebou het. Die D.III was 'n rats, beweeglike vliegtuig en maklik om te vlieg.

Aanvanklik was slegs die Beierse eenhede voorsien van die vliegtuig; hoofsaaklik omrede die Pfalz fabriek deur die Beierse Regering beheer was. Die Pfalz D.XII was ontwikkel uit die D.III en is in 1918 in massas begin produseer. Een van die verbeteringe was dat die verkoeler geskuif is van die boonste vlerk tot by die motor. Dit het verhoed dat vlieëniers brandwonde opdoen indien die verkoeler beskadig word in luggevegte. Die Pfalz D.XII was ook effens vinniger as die Pfalz D.III.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Pfalz D.IIIa: Item Statistiek Aantal motors1 Tipe motorSkroef VervaardigerMercedes D.IIIa inlyn suiermotor Kraglewering per motor180 perdekrag Vlerkspan9,4 m Lengte6,95 m Hoogte2,67 m Vlerkoppervlakte22,1 m2 Normale opstygmassa935 kg Maksimum snelheid165 km/h Operasionele hoogte5 180 m Togafstand 2 uur en 30 minute Klimvermoë 250 m per minuutBewapeningTwee vaste 7,92 mm masjiengewere Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Eerste Wêreldoorlog