Permesaan is ’n harde, korrelrige kaas wat sy oorsprong in Italië het. Dit word ook parmesaanse kaas genoem. Die naam word dikwels vir soortgelyke kase gebruik, hoewel dit onwettig is in lidlande van die Europese Ekonomiese Gebied.Case C-132/05 Commission v Germany European Commission Legal Service, Julie 2008

Die naam Parmigiano-Reggiano (IFA: /ˌparmiˈdʒaːno redˈdʒaːno/) is afgelei van die streke waarin die kaas tradisioneel gemaak word en mag net na kaas uit dié streke verwys. Buite die Europese Unie mag die naam "parmesaan" wettig gebruik word vir soortgelyke kase, maar nie "Parmigiano-Reggiano" nie.

Dit is al die "koning van kase" genoem.

Gebruike duimnael|links|240px|Wiele Parmigiano-Reggiano aan die verouder.

Parmesaan word gewoonlik oor pastageregte gerasper, by soppe en risotto ingeroer en op sy eie geëet. Dit word ook oor slaai gerasper, of skaafsels van die kaas word gebruik.

Stukkies van die hardste dele van die kors word soms in sop geprut. Dit kan ook gerooster en as ’n versnapering geëet word.

Aroma en chemiese bestanddele Parmesaan bevat baie aroma-aktiewe verbindings.Qian, Michael; Reineccius, Gary. "Potent Aroma Compounds in Parmigiano Reggiano Cheese Studied Using a Dynamic Headspace (purge-trap) Method ". Flavour and Fragrance Journal, Vol. 18 Uitg. 3, 7 April 2003 (pp. 252–259) Bottersuur en 3-metielbutaansuur word soms saam gebruik om die oorheersende aromas na te boots."I Know What I Like: Understanding Odor Preferences". The Fragrance Foundation, 2008.

Parmesaan bevat ook baie glutamiensuur, tot 1,2 g per 100 g kaas. Dit maak dit naas Roquefort die natuurlik vervaardigde kossoort met die hoogste inhoud glutamiensuur. Die hoë konsentrasie daarvan verduidelik die sterk umami-smaak van parmesaan.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Gepekelde kaas Kategorie:Italiaanse kaas Kategorie:Koeimelkkaas