Gloucester is ’n tradisionele, halfharde kaas wat sedert die 16de eeu in Gloucestershire, Engeland, gemaak is, op ’n tyd slegs van die melk van die eens byna uitgestorwe Gloucesterbees.
Soorte duimnael|links|220px|Cotswold en kraakbeskuitjies.
Daar is twee soorte gloucesterkaas: enkel en dubbel. Albei soorte het ’n natuurlike buitelaag en ’n halfharde tekstuur. Die enkelkaas is egter krummelriger, ligter van tekstuur en het ’n laer vetinhoud. Die dubbelkaas word vir langer verouder en het ’n sterker, gekruider smaak. Dit is ook effens harder. Albei word in ronde vorms vervaardig, maar dubbelgloucester is groter. Tradisioneel was die dubbelkaas duurder en is dit uitgevoer, terwyl die enkelkaas gewoonlik in Gloucestershire self geëet is.
Dubbelgloucester word dikwels met ander bestanddele gemeng. Een variëteit word gemaak deur dit met gras- en sprietuie te meng; dit word bemark as cotswoldkaas, hoewel dit nie ’n tradisioneel Engelse kaasnaam is nie. Dié kaas het na bewering dieselfde kleur as Cotswoldsteen, ’n Jurassiese kalksteen.
Name Die rede hoekom die twee soorte kaas "enkel" en "dubbel" genoem word, is nie seker nie. Die hoofteorieë is: dat die romerige melk twee keer afgeroom moes word vir die dubbelvariëteit; dat die room van die oggend se melk by die aand se melk gevoeg is; of dat die dubbelvariëteit gewoonlik twee keer so hoog soos die enkelvariëteit is.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Engelse kaas Kategorie:Koeimelkkaas