Halloumi (IFA: /ħalˈluːmi/; Grieks: χαλλούμι; Arabies: حلوم ḥallūm) is ’n halfsagte, onverouderde, gepekelde kaas van Siprus wat van ’n mengsel van bok- en skaapmelk, en soms koeimelk, gemaak word. Dit het ’n hoë smeltpunt en kan dus maklik gebraai of gerooster word.

Halloumi word met stremsel verhard en is ongewoon in die sin dat geen suur of suurvervaardigende bakterie gebruik word in die bereiding daarvan nie. Die kaas is veral gewild in Siprus, die Levant, Griekeland, Turkye en Brittanje.

Etimologie Die naam "halloumi" is afgelei van die Egipties-Arabiese woord, wat weer kom van die Koptiese halom of alom ("kaas"), wat verwys na ’n kaas wat in die Middeleeue in Egipte geëet is.Andriotis et al., Λεξικό της κοινής νεοελληνικήςP. Papademas, "Halloumi Cheese", p. 117ff, in Adnan Tamime, ed., Brined Cheeses in the Society of Dairy Technology series, Blackwell 2006, In moderne Egipte is hâlûmi soortgelyk aan die Sipriotiese "halloumi"; dit word óf vars óf gepekel en gekruie geëet. duimnael|links|220px|Gebraaide halloumi.

Volgens streek Siprus Halloumi het in die tyd van die Middeleeuse Bisantium (395-1191) in Siprus ontstaan en is daarna regdeur die Midde-Ooste geëet.

Die kaas is wit en het ’n kenmerkende laagtekstuur, soortgelyk aan mozzarella. Dit het ’n sout smaak. Dit word in sy natuurlike vloeistof met soutwater gebêre en kan tot ’n jaar hou as dit benede gestoor word. Dit word met mentblare verkoop omdat dit dan varser en geuriger bly.

Midde-Ooste Halloumi word gereeld geëet in baie dele van die Levant soos Libanon, Turkye, Sirië, Palestina, Jordanië, Israel, Egipte en Irak. Dit is gewild vir ontbyt saam met geregte soos hummus, falafel en khubz. In Israel word dit soms in olyfolie gebraai en vir ontbyt voorgesit saam met meze. Dit word ook saam met vis geëet.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bokmelkkaas Kategorie:Koeimelkkaas Kategorie:Skaapmelkkaas