Hierdie is 'n Koreaanse naam, die van is Yang.
Yang Young-ja (Hangul: 양영자, Hanja: 梁英子; gebore 6 Julie 1964) is 'n afgetrede vroue-tafeltennisspeler van Suid-Korea wat goue medaljes in die vroue dubbelspel gewen het by die 1987 Wêreldbekerkampioenskap en die Olimpiese Somerspele van 1988, saam met Hyun Jung-hwa. Sy het ook in 1983 en 1987 tweede plekke behaal in die vroue-enkelspelwêreldkampioenskap.Yang Yeong-Ja . sports-reference.comTable Tennis at the 1988 Seoul Summer Games: Women's Doubles . sports-reference.com
Sy het net ná die Olimpiese Somerspele van 1988 uitgetree, en woon tans in Seoul as 'n tafeltennisafrigter wat verantwoordelik is vir die juniorspan van Suid-Korea.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1964 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrigters Kategorie:Olimpiese deelnemers Kategorie:Suid-Koreaanse tafeltennisspelers