duimnael|regs|Ella Zeller by die 1955 Wêreldkampioenskappe

Ella Zeller (26 November 1933 – 8 Maart 2025) was 'n bekroonde Roemeense tafeltennisspeler, afrigter en administrateur. Van 1952 tot 1964 het sy verskeie medaljes in enkel-, dubbel- en spanbyeenkomste in die Europese Tafeltenniskampioenskap en in die Wêreld Tafeltenniskampioenskap gewen.CONSTANTINESCU-ZELLER Ella (ROU) . ittf.comMedaliile obtinute de sportivii romani la Campionatele Mondiale de Seniori . Romanian Table Tennis Federation In 1995 is sy ingewy by die "ITTF Hall of Fame".

Zeller het tafeltennis in Timisoara begin beoefen, en later na Boekarest verskuif. Sy het gegradueer by 'n instituut vir liggaamlike opvoeding, en na aftrede uit kompetisies, was sy die tafeltennisafrigter vir die nasionale span (1967–1989). Sy het ook leidende posisies in die nasionale en Europese tennistafelfederasies geneem, en as president van die nasionale kommissie vir vrouesport gedien. In 1989 het sy na Duitsland verhuis waar sy in 1990–1994 vir die Duitse Tafeltennisfederasie gewerk het.Ella Constantinescu. enciclopediaromaniei.ro

Verwysings

Eksterne skakels The ITTF Hall of Fame

Kategorie:Geboortes in 1933 Kategorie:Sterftes in 2025 Kategorie:Roemeense tafeltennisspelers Kategorie:Afrigters