duimnael|Oorlewende kinders in 1945 duimnael|Oorlewende Poolse gevangenes in 1945 duimnael|Deur na die konsentrasiekamp 2022
Dachau was ’n konsentrasiekamp in die suide van Duitsland waar duisende Jode en ander gevangenes gedurende die Tweede Wêreldoorlog om die lewe gebring is.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Die kamp is in 1933 deur Heinrich Himmler op die gronde van 'n ou ammunisiefabriek gebou. Dit was suidoos van die Middeleeuse stad Dachau, 16 km noordwes van München in die staat Beiere geleë. Die oorspronklike doel was om politieke gevangenis te interneer.
Die kamp is uitgebrei om gewone Duitse en Oostenrykse misdadigers te huisves. Uiteindelik is buitelandse burgers uit lande wat Duitsland beset of binnegeval het ook daarheen gestuur. Die Dachau-kampstelsel het tot byna 100 subkampe gegroei, wat oor die hele suide van Duitsland en Oostenryk versprei was. Die meeste hiervan was werkkampe of arbeidskommando's. Hierdie kampe is in die lente van 1945 deur Amerikaanse troepe bevry.
Sien ook Lys van konsentrasiekampe in Nazi-Duitsland
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboue en strukture in Beiere Kategorie:Nazi-konsentrasiekampe in Duitsland