Die Chimanimanibroodboom (Encephalartos chimanimaniensis) is 'n broodboomspesie wat in die ooste van Zimbabwe en Mosambiek voorkom. Dit is 'n bedreigde spesie en is deur plaaslike versamelaars uitgeroei in Zimbabwe waar dit as uitgestorwe beskou word.Encephalartos chimanimaniensis, IUCN Rooilys, J.D. Bösenberg, 2010
Status Volgens 'n assessering in 2003 was daar tussen 500 and 1000 plante in die natuur oor, maar Capela (in 2006) het die bevolking geraam op 1200 volwasse plante te Makurupini, en 'n verdere 300 te Morambo, benewens enkele ander in geïsoleerde plekke.
Habitat Dit word aangetref in berggrasveld in hoëreënvalgebiede (meer as 1 800 mm per jaar), op 'n hoogte van sowat 1 000 meter bo seevlak. Dit word geassosieer met skis- en kwartsietsedimente in granietberge.
Verwysings
Bron Plants of the World Online
Kategorie:Broodbome Kategorie:Plante Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Zimbabwe