Die gewone slakvreter (Duberria lutrix), ook bekend as die tabakrolletjie, is 'n klein, eierlewendbarende, slakvretende, nie-giftige slang, wat endemies is aan Afrika.

Beskrywing Volgroeide tabakrolletjies is 30–40 cm lank.

Hulle kleur wissel, maar gewoonlik het hulle 'n olyfgroen tot bruin of rooibruin rug, grys sye, 'n geel of roomkleurige pens, en 'n swart vertebrale streep wat min of meer die hele lengte van die rug dek.

Geografiese reikwydte Hierdie spesie kom in Burundi, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Ethiopië, Kenia, Mosambiek, Rwanda, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië, Uganda en Zimbabwe voor.

Subspesies Ses subspesies word erken, insluitend die nominotipiese subspesie self. Duberria lutrix abyssinica (Boulenger, 1894) Duberria lutrix atriventris Sternfeld, 1912 Duberria lutrix basilewskyi Skelton-Bourgeois, 1961 Duberria lutrix currylindahli Laurent, 1956 Duberria lutrix lutrix (Linnaeus, 1758) Duberria lutrix rhodesiana Broadley, 1958

Dieet links|duimnael|Foto van 'n tabakrolletjie se kop Die tabakrolletjie is 'n gespesialiseerde roofdier wat slakke en naakslakke eet. Hy vind sy prooi hoofsaaklik deur chemoresepsie, met behulp van sy tong. Hy sluk sy prooi vinnig in, voordat te veel verdedigende slym geproduseer word. Hy trek slakke deur die dop opening uit hulle doppe uit, of breek die dop teen 'n klip oop terwyl hy die sagte liggaam in sy kake vashou.

Voortplanting Die tabakrolletjie gee gewoonlik geboorte aan werpsels van drie tot twaalf kleintjies. Broeisels van groot wyfies kan uit soveel as 22 pasgeborenes hê, wat vanaf van 8 tot 11 cm lank is. Die totale gesamentlike gewig van die kleintjies meer as die ma se gewig na die geboorte wees. Teelseisoen is Januarie en Februarie (die laat somermaande in suidelike Afrika).Branch, Bill. 2004.

As troeteldiere Die slang is 'n gewilde troeteldier, wat maklik gevoer en geteel kan word, en weens die aard van sy prooi is dit maklik om aan te hou.

Verdediging Wanneer die slang bedreig word, stel dit 'n irriterende afskeiding vry uit kliere naby die basis van die stert en rol homself in 'n verdedigende spiraal op, met die kop in die middel. Hierdie gedrag is die oorsprong van die Afrikaanse algemene naam "tabakrolletjie".

Sien ook Alfabetiese lys van slange

Verwysings

Kategorie:IUBN Rooilys veilige spesies Kategorie:Slange