Pizza Hut is 'n Amerikaanse kitskosrestaurantketting en multinasionale franchise-groep, wat in 1958 in Wichita, Kansas deur Dan en Frank Carney gestig is. Die maatskappy is bekend vir sy Italiaans-Amerikaanse spyskaart, insluitend pizza en pasta, sowel as bykosse en nageregte.

duimnael|links|260px|Lande met Pizza Hut afsetpunte Pizza Hut het meer as 17 640 afsetpunte wêreldwyd (2020), wat dit die wêreld se grootste pizza-ketting maak volgens die aantal liggings. Dit is 'n filiaal van Yum! Brands, Inc., een van die wêreld se grootste restaurantgroepe.

Hulle spyskaart bestaan onder andere uit pizza, pasta, diepgebraaide hoendervlerkies, slaaie, stokbrood en knoffelbrood.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Amerikaanse maatskappye Kategorie:Kitskosrestaurante