Marite is 'n nedersetting in die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit in die Mpumalangaprovinsie van Suid-Afrika.
Dit is noord van Hazyview, op pad na Bosbokrand geleë.
Geweldsmisdaad, twee doodgeskiet Op 9 Augustus 2020 is daar berig dat 'n groep begrafnisgangers 'n partytjie na die begrafnis ('n sg. "after-tears") op Marite se sportterrein gehou het. Dinge het handuit geruk, motors is in sirkels gejaag en geweerskote is lukraak afgevuur. Die plaaslike polisie is ontbied en 'n oor-en-weer skietery het uitgebreek. Twee persone is doodgeskiet en 11 is in hegtenis geneem weens die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.
Die Provinsiale Polisiekommissaris, lt-genl. Zuma, het die voorval en die verdagtes se optrede ten sterkste veroordeel. Hy het ook versoek dat die publiek die Covid-19-inperkingsregulasies moet gehoorsaam, en nie wetteloos optree nie.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga