duimnael|250px|J.H. Neethlinggebou duimnael|250px|J.S. Gericke Biblioteek duimnael|250px|Konservatorium Die Universiteit Stellenbosch (US) is 'n Suid-Afrikaanse universiteit, geleë in die Boland streek van die Wes-Kaap.

Die instelling is in 1865 gestig as Openbare Skool, maar is in 1866 herdoop as die Stellenbossche Gymnasium. In 1874 kom die sogenaamde Arts Department van die Stellenbosch Gymnasium tot stand met 'n leerlingtal van 120, en word amptelik as Kollege verklaar in 1881.

Danksy 'n ruim skenking deur mnr Jan Marais van Coetzenburg, wat in sy testament £100 000 vir hoër onderwys op Stellenbosch nagelaat het, kon die inrigting onafhanklike status as universiteitsinrigting verkry. Die Universiteitswet is in 1916 deur die Unie-parlement aangeneem. Op 2 April 1918 het hierdie wet in werking getree en is die Victoria Kollege deur die Universiteit van Stellenbosch vervang. Die totale getal ingeskrewe studente aan die Kollege in die jaar voor sy verhoging tot Universiteit, het 503 beloop. In dieselfde jaar het die doserende personeel uit 40 lede bestaan, van wie 22 professore en 18 lektore was.

Namate nuwe behoeftes in verband met die opleiding van studente ontstaan het, is daar aan die Universiteit van Stellenbosch nuwe fakulteite en afdelings gestig; vandag beskik die universiteit oor tien fakulteite. Duisende mense het al op Stellenbosch gestudeer en uitgegaan om 'n waardevolle bydrae in die praktyk te lewer. Op talle terreine van die samelewing speel oudstudente van Stellenbosch 'n belangrike rol. Sonder hulle sou Suid-Afrika vandag baie armer gewees het. Vandag word die Universiteit gereken onder die voorste universiteite in die suidelike halfrond en blink dit uit op die terrein van die onderrig, navorsing en gemeenskapsdiens.

Wapens Die Victoria College het Stellenbosch se destydse munisipale wapen gebruik, met die bykomende wapenspreuk "Pectora roborant culturis recti". Op die vooraand van universiteitswording in 1918 is 'n nuwe wapen in gebruik geneem.Die nuwe wapen verskyn vir die eerste keer op die 1918-uitgawe van die kollege/universiteit se Kalender. Dit is in 1939 by die Departement van Binnelandse Sake geregistreer.National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry . Die wapen kan soos volg geblasoneer word : Gevierendeel, I en IV in goud drie rooi torings; II in blou die kop van Minerva in silwer; III in blou drie gestingelde en geblaarde silwer akkers; op 'n swart binneskild 'n ope boek van silwer. Die helmteken is 'n hand wat 'n brandende fakkel vashou. Die bestaande wapenspreuk is behou.

Bekende oudstudente US-studente staan bekend as Maties.

Edwin Cameron Danie Craven Riaan Cruywagen Casper de Vries Johan Degenaar Cromwell Everson J.B.M. Hertzog Elsa Joubert Marina Joubert Uys Krige C.J. Langenhoven D.F. Malan Beyers Naudé Johann Rupert Frederik van Zyl Slabbert Jan Smuts Sampie Terreblanche Andries Treurnicht Deon van der Walt Ernst van Heerden Dr. Hendrik Verwoerd John Vorster Heinz Winckler

Fakulteite Agriwetenskappe Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Fakulteit Gesondheidswetenskappe Fakulteit Ingenieurswese Krygskunde Lettere en Sosiale Wetenskappe Natuurwetenskappe Opvoedkunde Regsgeleerdheid Teologie

Koshuise Manskoshuise

Dagbreek Eendrag Helderberg Helshoogte Huis Marais Huis Visser Majuba Simonsberg Wilgenhof

Wilgenhof is die oudste universiteitskoshuis in Afrika en is in 1913 geopen

Dameskoshuise

Erica Harmonie Heemstede Huis Ten Bosch Huis Francie van Zijl Irene Lydia Minerva Monica Nemesia Nerina Serruria Sonop

Gemengde Koshuise

Academia Concordia Goldfields Hippokrates Kerkenberg Metanoia Meerhoff

Mans PSO's Pieke Libertas Oude Molen Vesta

Dames PSO's Aristea Equité Silene Venustia

Gemengde PSO's Aurora Osler Olympus

Studentegemeenskappe (klusters) Koshuise en Privaat Studente Organisasies (PSO’s) word in klusters gegroepeer om studentegemeenskappe te vorm. Vir elke kluster word ’n fasiliteit opgerig wat as ’n naaf (hub) bekend staan. Twee klusterfasiliteite is reeds opgerig, naamlik amaMaties en Wimbledon. Hier kan dagstudente, net soos koshuisstudente, etes koop, aan mentorgroepe deelneem en tyd tussen klasse by ’n goed toegeruste plek met internettoegang deurbring.

Klusters op die Stellenbosch-kampus

amaMaties Rubix Validus VicMeyr Victoria Wimbledon

Kluster op die Tygerberg-kampus

Tygerberg

Hoofde

Rektor Periode Van Naam Geboortedatum Sterfdatum11919-1925CilliéGabriël Gideon10 September 18701 April 19581925-1934Geen21934-1955WilcocksRaymond William23 Januarie 189216 Maart 196731955-1970ThomHendrik Bernardus31 Desember 19054 November 198341970-1979de VilliersJan Naude17 Augustus 192351979-1993de Vries Michiel Josias5 Mei 19335 Julie 200261993-2002van WykAndreas Hercules17 September 194172002-2007BrinkChris31 Januarie 195182007-2014BotmanHayman Russel18 Oktober 195328 Junie 201492014-de VilliersWillem Johan Simon26 September 1959

Kanselier Periode Van Naam Geboortedatum Sterfdatum11918-1919MaraisJohannes Izak23 Augustus 184827 Augustus 191921919-1931VosPieter Jacobus Gerhard29 Oktober 184231 Oktober 193131931-1932de VilliersJacob Abraham Jeremias14 Desember 186816 September 193741932-1939MoorreesAdriaan18 Augustus 185517 November 193851939-1941KestellJohn Daniel15 Desember 18549 Februarie 194161941-1959MalanDaniël Francois22 Mei 18747 Februarie 195971959-1968DöngesTheophilus Ebenhaezer 8 Maart 189810 Januarie 196881968-1983VorsterBalthazar Johannes13 Desember 191510 September 198391983-1983ThomHendrik Bernardus31 Desember 19054 November 1983101984-1988BothaPieter Willem12 Januarie 191631 Oktober 2006111988-1998van der HorstJohannes Gerhardus 19 September 191923 April 2003121998-2008BothaElizabeth19 November 193016 November 2007132008-2009SlabbertFrederik Van Zyl 2 Maart 194014 Mei 2010142009-2019RupertJohann Peter1 Junie 1950152019-CameronEdwin15 Februarie 1953

Omstredenheid

Afrikaans as voertaal In 2015 het 'n bestuurspan onder leiding van Wim de Villiers beslis dat "alle onderrig aan die Universiteit Stellenbosch in Engels gefassiliteer sal word" en dat "aansienlike akademiese ondersteuning volgens studente se behoeftes in ander Suid-Afrikaanse tale beskikbaar gestel sal word".Parker, M. 2016, 'Stellenbosch and the Afrikaans racial baggage', New African, 557, p. 38, MasterFILE Premier, EBSCOhost, geraadpleeg op 10 Mei 2017. In 2017 word die Universiteit se Taalbeleid, wat in 2016 hersien is, toegepas. Die hersiene beleid stel Engels as onderrigtaal op dieselfde vlak as Afrikaans en het hewige polemiek ontlok. Die US bied steeds onderrig in Afrikaans aan.https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/us-taalbeleid-afrikaans-gelyk-met-engels/ Die Grondwetlike Hof se beslissing in Gelyke Kanse en Andere v Voorsitter van die Senaat van die Universiteit van Stellenbosch en Andere (gelewer op 10 Oktober 2019) het egter Afrikaans se toekoms as voer- en kultuurtaal aan dié staatsinstelling die nekslag toegedien.

Persgesig-insident Twee damesstudente het hulself in 2016 gegrimeer om soos ruimtewesens te lyk. Die US-bestuur het op grond van foto’s geoordeel dat hulle hulle gesigte swart gesmeer het. Die twee dames is daarna uit 'n US-koshuis geskors. Die gebeure staan as die persgesig-insident of swartgesig-herrie bekend, waar dit skynbaar onverskoonbaar vir wit mense is om hulle soos swart mense te vermom.Swartgesig-herrie: twee maties geskors, Maroela Media, 7 Februarie 2016

'n Soortgelyke foto het in 2014 opslae gemaak toe twee US-studente hul gesigte swart gesmeer het om soos die tennis-susters Venus en Serena Williams te lyk. Die universiteit het destyds besluit om nie dissiplinêr op te tree nie, maar eerder die voorval vir “versoening” aan te wend.

Sien ook Instituut vir Toekomsnavorsing Lys van universiteite in Suid-Afrika STIAS

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Universiteit van Stellenbosch Amptelike geskiedenis op die Universiteit se webwerf