Freistaat BayernVrystaat Beiere Landsvlae Landswapens border|150px|Streifenflagge des Freistaates BayernStreifenflaggeborder|150px|Rautenflagge des Freistaates BayernRautenflagge border|150px|Großes Staatswappen des Freistaates BayernGroßes Staatswappenborder|75px|senter|Kleines StaatswappenKleines Staatswappen (Besonderhede) (Besonderhede) Basiese gegewens Hoofstad: München Stigting: 1949 Oppervlak: 70 541,57 km²1ste in Duitsland Bevolking: 13 369 393 (31 Desember 2022)2de in Duitsland Bevolkingsdigtheid: 190 inwoners per km² 11de in Duitsland Volkslied (Landeshymne): Gott mit dir, du Land der Bayern BIP - Totaal - Aandeel aan Duitse BIP 2021661,5 miljard € 18,5% Skuldlas per inwoner: 987 € (31 Desember 2019) Totale skuldlas: 12,926 miljard € (31 Desember 2019) Werkloosheid: 3,3% (Oktober 2023) ISO 3166-2: DE-BY Amptelike webwerf: www.bayern.de Politiek Eerste minister: Markus Söder (CSU) President van die Landtag: Ilse Aigner (CSU) Regerende partye: CSU en Freie Wähler (FW) Setels in die parlement (Landtag)(203 setels) (2018: 205 setels): CSU 85 (2018: 85)Bündnis 90/Die Grünen 32 (38)Freie Wähler 37 (27)AfD 32 (22)SPD 17 (22) Laaste verkiesing: 8 Oktober 2023 Volgende verkiesing: Laat in 2028 Parlementêre verteenwoordiging Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 6 (van 69) Kaart 250px|senter
Beiere (Beiers en Duits: Bayern, [ˈbaɪɐn], ), amptelik die Vrystaat Beiere (Beiers en Duits: Freistaat Bayern, [ˈfʁaɪʃtaːt ˈbaɪɐn], ), is die grootste deelstaat van Duitsland wat die hele suidooste van die land beslaan, met 'n oppervlakte van 70 541 vierkante kilometer en 'n bevolking van meer as 13 miljoen. Dit word in die noorde begrens deur die deelstate Thüringen en Sakse, in die ooste deur die Tsjeggiese Republiek, in die suide en suidooste deur Oostenryk (van wes na oos: Vorarlberg, Tirol, Salzburg en Opper-Oostenryk) en in die weste deur die deelstate Hesse en Baden-Württemberg.
duimnael|links|Die Benediktyne-klooster Banz noord van Bamberg. Beiere was oorspronklik 'n oorwegend Rooms-Katolieke staat wat 'n godsdienstige en politieke teengewig teen die merendeels Protestantse Pruise gevorm het. As gevolg van toenemende sekularisering het die aandeel Katolieke inwoners tussen 1970 en 2011 van 70 tot 54 persent gedaal, twintig persent is lidmate van Protestantse kerke München aan die Isarrivier is die deelstaatparlements- en regeringsetel asook die grootste stad van Beiere met 'n bevolking van meer as 1,4 miljoen.
Die huidige Vrystaat Beiere – met die term Freistaat is geen besondere regtelike status binne Duitsland se federale struktuur met sestien deelstate verbonde nie aangesien alle deelstate gelyke regte geniet – het sy historiese wortels in 'n verskeidenheid histories selfstandige politieke entiteite waarvan elkeen deur die eeue heen sy eie tradisies en kenmerke ontwikkel het.
Geskiedenis Drie groot historiese volkstamme en hul gebiede is in die huidige deelstaat verenig: die naamgewende Beiere, die Franke en die Swabe. Al drie het oor die eeue heen onafhanklik van mekaar ontwikkel, hoewel daar ook strukture oor stamgrense heen gevorm is soos byvoorbeeld ten opsigte van kerkorganisasie.
Die moderne Beierse staat, soms ook Staatsbayern of Staatsbeiere genoem, is eers in die tyd van die Franse Rewolusie gevorm, waarby Napoleon Bonaparte en die invloedryke Beierse minister Maximilian Joseph Graf Montgelas (1759–1838) 'n beslissende rol gespeel het. Met die stigting van die Vrystaat Beiere in 1946 en sy toetreding tot die Bondsrepubliek Duitsland drie jaar later het die enigste Duitse deelstaat (behalwe vir die twee Hanse-stadstate in Noord-Duitsland, Bremen en Hamburg) ontstaan wat as politieke entiteit aanspraak kan maak op historiese kontinuïteit.
Nogtans het Beiere ná die Tweede Wêreldoorlog in 'n spanningsveld tussen tradisies en modernisering gestaan. Die uitdaging was om 'n staat met 'n sterk agrariese karakter en min nywerhede, 'n hoë werkloosheidsyfer en lae belastinginkomste te moderniseer. Hierdie proses het gepaard gegaan (en is bevorder) deur 'n ongekende bevolkingsgeroei. Tussen 1950 en 2018 het die Beierse bevolking toegeneem van nege tot dertien miljoen. Twee miljoen vlugtelinge uit vroëere Ryksgebiede en aangrensende streke – van wie die helfte uit die Sudetengau afkomstig was – het hulle kort ná die oorlog in die deelstaat gevestig. In die volgende dekades het ook binnemigrasie uit ander deelstate en migrasie oor grense heen bygedra tot die bevolkingsaanwas. Tans is sowat 1,8 miljoen buitelanders in Beiere woonagtig.
Ekonomie Toerisme Die Beierse toerismebedryf, wat werk aan sowat 600 000 mense verskaf, het in 2017 rekordsyfers behaal met meer as 37,2 miljoen besoekers. Die deelstaat is die gewildste bestemming vir buitelandse toeriste in Duitsland – met 19,1 miljoen geregistreerde oornagtings in 2017. Die aandeel van buitelandse besoekers aan alle oornagtings het van 14,1 persent in 2004 gestyg tot 20,3 persent in 2017. Bayerisches Staatsministerium für Wirtschaft, Landesentwicklung und Energie: Tourismus – Daten und Fakten. Besoek op 16 Desember 2018
Susterstreke Susterstreke van Beiere 20px|Ligging van Shandong Shandong 1987 20px|Wapen van Quebec Quebec 1989 20px|Wapen van die Wes-Kaap Wes-Kaap 1995 20px|Wapen van Gauteng Gauteng 1995 20px|Wapen van São Paulo São Paulo 1997 20px|Seël van Kalifornië Kalifornië 1998 20px|Ligging van Guangdong Guangdong 2004 20px|Wapen von Karnataka Karnataka 2007
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf