Luanda (vroeër Loanda) is die hoofstad en grootste stad van Angola en die gelyknamige Angolese provinsie met 'n bevolking van sowat 2,5 miljoen (2018). Die stad, wat aan die Atlantiese Oseaan lê, is ook die land se belangrikste hawe. Die metropolitaanse gebied van Luanda het 'n bevolking van meer as 7,8 miljoen. Dit is die derde grootste Portugeessprekende stad in die wêreld (ná São Paulo en Rio de Janeiro, albei in Brasilië, en nog voor Lissabon en Maputo).

Demografie duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Luanda Die bevolking van Luanda is oorwegend van Swart-Afrikaanse afkoms, met die Ambundu (taal Kimbundu), Ovimbundu (taal Umbundu) en Bakongo (taal Kikongo) as die belangrikste stamme. Daar is 'n baie klein minderheid Europeërs, kleurlinge, en vandag ook Chinese. Die amptelike en mees gesproke taal is Portugees.

Geskiedenis duimnael|links|'n Uitsig op Luanda in 1883 Die stad is op 25 Januarie 1576 onder die naam São Paulo da Assunção de Loanda (letterlik: "Sint Paulus van die Hemelvaart tot Loanda") deur Portugese gestig en dien (met die uitsondering van die tydperk tussen 1640 en 1648) sedert 1627 as die administratiewe sentrum van die kolonie Angola. Daarbenewens is Luanda vanaf die jaar 1550 tot by omtrent 1850 'n belangrike sentrum vir die slawehandel, met Brasilië as die hoofbestemming.

Die groot meerderheid van die Portugese bevolking vlug na die onafhanklikheidswording van die land in 1975 uit die stad. Hulle is deur groot getalle Kubane vervang, wat meestal as soldate na Angola gekom het.

duimnael|links|Skeepswrakke aan die kus naby Luanda Eksterne skakels

Kategorie:Nedersettings in Angola Kategorie:Kusstede