duimnael|links|250px|Moorreesburg se koringmuseum bewaar landbou-artefakte. Die Swartland is een van Suid-Afrika se belangrikste graanstreke. duimnael|330px|regs|Die Swartland, waarvan die munisipaliteit 'n deel uitmaak, word in die beeldmidde gesien, met berge van die Kaapse Plooigordel op die agtergrond – 'n foto uit die Internasionale Ruimtestasie in Augustus 2024. Die Swartland is 'n graan- en wynstreek in die Suidwes-Kaap en ook die naam van 'n plaaslike munisipaliteit met die hoofdorp Malmesbury asook Moorreesburg, Darling en die Riebeek-Vallei. Die huidige bevolking is ongeveer 80 000.

Die naam is ook gegee aan 'n munisipaliteit wat ingevolge die nuwe munisipale bedeling van 2000 tot stand gekom het en waarvan Malmesbury die hoofdorp is.

Toponimie 1701: In die Dagregister staan op Vrydag, 26 Augustus 1701, die volgende:Towards A New Age of Partnership (TANAP) DVD: 1701 Dagregister_transkripsie

1719: Die oudste verklaring vir die naam "Swartland", sover bekend, kom uit die pen van Peter Kolbe:

Oorspronklike DuitsKolb, P. 1745 (1719) Beschreibung des Vorgebürges der guten Hoffnung. Frankfurt & Leipzig: Peter Conrad Monath. Franse vertaling (1743)Description du Cape de Bonne-Esperance. 1743. Tome Second. Amsterdam: Jean Catuffe, pp.77-78 Afrikaanse vertalingXIX. [...] Nahe an diesem Berge [der rothe Sandberg] liegt ein Bezirk, das schwarze Land benennet, weil dieses, an Wieswachse sehr fruchtbare, Erdreich vergleichen Farbe hat. XIX [...] Près de cette montagne [la montagne du Sable rouge] est placé un quartier qu'on nomme la Terre noire (Het Swarte Land), ainsi appellé parce que le terrein, très fertile en pâturages, est de cette couleur. Naby hierdie berg [die Roode Sandberg] lê daar 'n distrik wat die Swartland genoem word, omdat hierdie grond, wat baie vrugbaar aan weiland is, hierdie kleur het.

1795: Theophil Friedrich Ehrmann klink baie seker van sy saak as hy in sy Geschichte der merkwürdigsten Reisen, welche seit dem zwölften Jahrhunderte zu Wasser und zu Land unternommen worden sind, skryf in Boekdeel 14:Ehrmann, T.F. 1795. Geschichte der merkwürdigsten Reisen, welche seit dem zwölften Jahrhunderte zu Wasser und zu Land unternommen worden sind. XIV. Frankfurt am Main: Hermannschen Buchhandlung.

Oorspronklike Duits AfrikaansDer Distrikt Schwarzland (Zwart Land) hat ohne Zweifel seinen Namen von den sogenannten schwarzen Bergen an der Saldanhabai erhalten, die in seinem Umfange liegen. Die Distrik Swartland het sonder twyfel sy naam aan die sogenaamde swart berge aan die Saldanhabaai te danke, wat in die omtrek geleë is.

Hoe hy hierby uitkom, vind ons in sy volgende skrywe in Boekdeel 15 en 16Ehrmann, T.F. 1796. Geschichte der merkwürdigsten Reisen, welche seit dem zwölften Jahrhunderte zu Wasser und zu Land unternommen worden sind. XV. Frankfurt am Main: Hermannschen Buchhandlung.

Oorspronklike Duits AfrikaansAm 3sten Oktober kamen wir nach Floris Fischers Hof. Vom grünen Thal an und weiter hin heisst diess land Schwarz Land. Es hat seine eigene Kirche; der Pfarrer war aber seit 3 Jahren todt, und seine Stelle von Holland aus noch nicht besetzt. - Wir giengen den schwarzen Berg vorbei, setzen am 7ten über einen Bergfluss [...] Op die 3de Oktober kom ons op Floris Fischer se plaas aan. Die streek vanaf Groenkloof en verder aan staan as die Swartland bekend. Dit beskik oor sy eie kerk; die predikant is egter 3 jaar lank al dood, en sy pos (soos vanuit Holland besluit word) is nog nie gevul nie. Ons trek verby die swart berg, en steek die 7de 'n bergrivier oor [...].

As mens jou moet indink hoe 'n landreisiger hom tussen Tafelbaai en Saldanhabaai sou kon oriënteer, sou die verklaring vir Ehrmann nie heeltemal vergesog klink nie. In 'n voetnota van Travels at the Cape of Good Hope (1772) is Floris Fischer waarskynlik Floris Visser.

1924: Andries Dreyer skryf in sy Eeuwfeest-Album van de Nederduits Gereformeerde-Kerk in Zuid-Afrika:Dreyer, A. 1924. Twee Nieuwe Gemeenten. In: Eeuwfeest-Album van de Nederduits Gereformeerde-Kerk in Zuid-Afrika (1824-1924). Kaapstad: Nasionale Pers, bl. 48-50

1926: Colin Graham Botha se aanname mag miskien in die 20ste eeu mee verskil word as 'n skoot in die donker, maar sy stelling is, onwetend, véél nader aan Peter Kolbe se siening van 1719:Botha, C.G. 1926. Place Names in the Cape Province. Cape Town: Juta & Co, p. 43

1945: A.P. Smit stem in Gedenkboek van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Swartland Tweede Eeufees nie met Dreyer hierbo saam nie:Smit, A.P. 1945. Gedenkboek van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Swartland Tweede Eeufees (1745-1945). Malmesbury: NG Kerkraad, bl. 4

1947: In The Young Traveller in South Africa, deur Anthony Delius, tref mens die volgende sinnetjie aan wat sowel die grond as plantegroei 'n gelyke kans bied:Delius, A. 1947. The Young Traveller in South Africa. London: Phoenix House, p. 94

1957: Lawrence Green, 'n kontreiskrywer, probeer oorspronklik klink:Green, L. G. 1957. Beyond the City Lights, bl. 130.

1971: P.J. Nienaber se verklaring in die Suid-Afrikaanse Pleknaamwoordeboek Deel I lui:Nienaber, P.J. 1971. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers, bl. 363

1971: Raper se teks, Streekname in Suid-Afrika en Suidwes, voer die leser na die literatuurverwysings, en weer net so na die boek, Beyond the City Lights (1957) van die skrywer Lawrence Green hierbo.Raper, P.E. 1971. Streekname in Suid-Afrika en Suidwes. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers, bl. 119

1990: M.M. Walters bied 'n soortgelyke verklaring:Walters, M.M. 1990. Die Swartland is my Tuisland: 'n nostalgiese reis. Vlaeberg: Perskor, pp. 26-27.

1998: Truter voer aan, sonder om dag of datum te vermeld, die gebied is deur Jan van Riebeeck kort na sy aankoms "Het Zwarte Land" genoem, 'n verwysing na die swarterige kleur van die plantegroei in die gebied.Cornel Truter: Weskus - 'n Toeristegids. Tweede uitgawe. Kaapstad: Universiteit van Kaapstad 1998, bl. 56

2020: Raper, Möller en Du Plessis gee net weer 'n verkorte weergawe wat vroeër gesê is, in Plekname van Suider-Afrika (2020):Raper, P.E., Möller, L.A. en Du Plessis, L.T. 2020. Plekname van Suider-Afrika. Pretoria: Protea Boekhuis, bl. 694:

2026: Bouman, self 'n Wikipediaan, vermoed die grootste vergissing deur die voorgangers tot dusver begaan, was deur hul vernaamlik dekades lank op die Nederlandse 'vertaling' (lees: opsomming) van Peter Kolbe te verlaat, waar "omdat hierdie grond, wat baie vrugbaar aan weiland is, hierdie kleur het" totaal en al verswyg is. Die feit is dus misgekyk, bloot omdat die oorspronklike Duitse teks nie geraadpleeg is nie. Hy stel sy punte in die streekskoerant, gesetel op Bredasdorp, die Suidernuus.Bouman, G. 2026. Stories is nie feite nie. Suidernuus, 20 Maart, bl. 7 & 11.

Omdat dr. Jan Malan, die skrywer van Die Stranding van die VOC-Skip (2017) uitgewys het hoe navorsers dikwels op Lawrence Green se volksverhale steun, wat bitter grof van die werklikheid in die argief afwyk, was Bouman bra skepties rondom renosterbossies as toponimiese oorsprong (toe nog as die waarheid aanvaar in gesaghebbende bronne) - veral omdat daar van 'n aanname 'n feit gemaak is, sonder primêre teks(te) om die bewering uitdruklik te staaf.

Omdat die Franse reisigers destyds "soos varkmasels uitgeslaan het op plekke waar jy hulle die minste sou verwag" is terre noire by Google Books ingesleutel. Die Franse vertaling van Caput bonae spei hodiernum van Kolbe duik sodoende in die soekresultate op. Die Franse en Nederlandse vertalings is gevolglik met die oorspronklike Duitse teks vergelyk, en - die Nederlandse teks het aangejaag. Wat nou gebeur: mense leen hul ore uit aan al wat moderne staaltjie is, of lees dit selfs in gesaghebbende naslaanbronne, en die hele storie kry sodoende 'n loop van sy eie. Wat in die Afrikaanse naslaanwerke beland, word "godsdienstig gekopieer" in die volksmond en koffietafelboeke, en word so van geslag tot geslag vir die waarheid oorgedra.

Om Kolbe uit 1719, of Green uit 1957 te glo is egter 'n ander storie.

Op 8 April 2025 stuur Bouman hierdie bevindinge aan sy vriend van Moorreesburg, wat nie die "vrugbare grond"-storie sonder meer wil aanvaar nie: “Nee kwit ek glo nie die ou met sy vrugbare grond-storie nie. Die grond in die Swartland is boggerhol swart nie. Dis net rooi of oranje. So hy moet met sy nonsens op 'n ander plek loop sukkel. Ons almal leer die Swartland kry sy naam van die renosterbos, en ek sal dit maar so glo tot die dag wat ek dood.”

Bouman se bevinding:

Nedersettings Nedersettings in die munisipaliteit: Abbotsdale Chatsworth Darling Grottobaai Kalbaskraal Koringberg Malmesbury (setel) Moorreesburg Riebeek-Kasteel Riebeek-Wes Riverlands Yzerfontein

Ekonomie Malmesbury is die administratiewe sentrum van die munisipaliteit en vervul 'n belangrike stedelike rol in die streek en die provinsie. Sy hoë ontwikkelingspotensiaal kan toegeskryf word aan faktore soos sy relatiewe toeganklikheid langs die N7-nasionale pad- en spoorkorridor; nabyheid aan Kaapstad; gediversifiseerde ekonomiese basis, wat nie slegs landbou akkommodeer nie, maar ook goed-ontwikkelde industriële en kommersiële sektore met ondersteunende infrastruktuur. Malmesbury is die tuiste van 'n aantal groot maatskappye, sowel as streekkantore van provinsiale en nasionale staatsdepartemente.

In 2016 was die hoofbydraers tot die streeks-BBP: Vervaardiging (R1 689,0 miljoen of 22,9%), groot- en kleinhandel, spyseniering en verblyf (R1 289,2 miljoen of 17,5%), landbou, bosbou en visvang (R1 173,4 miljoen of 15,9%) en algemene regering (R851,0 miljoen of 11,5%).

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf van die munisipaliteit

Kategorie:Weskus van Suid-Afrika Kategorie:Streke van die Wes-Kaap