Die Verenigde Rugbykampioenskap is ’n jaarlikse rugbykompetisie tussen spanne van Ierland, Italië, Skotland, Suid-Afrika en Wallis. Die toernooi is een van die drie hoof- professionele toernooie in Europa (naas die Engelse Premierskap en die Franse Top 14) en die suksesvolste spanne in hierdie toernooi ding mee om die Europese Rugbykampioenebeker.

duimnael|links|upright|Die trofee waarom meegeding word Die eerste seisoen van die toernooi, 2001-’02, het bekend gestaan as die Keltiese Liga(Iers-Gaelies: An tSraith Cheilteach; Italiaans: La Lega Celtica; Skots-Gaelies: An Lìog Cheilteach; Wallies: Y Gynghrair Geltaidd) en het bestaan uit spanne van Ierland, Skotland en Wallis. Aan die begin van die 2010-’11-seisoen is die toernooi van tien na twaalf spanne uitgebrei om twee Italiaanse spanne te inkorporeer. Die naam “Pro12” is in 2011 aanvaar om aan te dui dat spanne buite die Keltiese nasies nou ook aan die toernooi deelneem. In 2017 is aangekondig dat twee Suid-Afrikaanse spanne ook aan die toernooi deelneem.

Spanne Die toernooi is gebaseer op streeks-/provinsiale verteenwoordiging van deelnemende lande, behalwe vir Treviso wat die stad Treviso self verteenwoordig. Benetton Treviso is weens sy lang geskiedenis gekies nadat ’n projek om ’n tweede streekspan, Praetorians Roma, saam te stel, misluk het.

Ierland Italië Skotland Suid-Afrika Wallis

+ Verenigde Rugbykampioenskap-klubs Klub Gestig Ligging Stadion Kapasiteit Kampioenskappe (Onlangsste) Benetton Treviso1932Treviso, ItaliëStadio Comunale di Monigo6 7000 (NVT) Bulls1997Pretoria, Suid-AfrikaLoftus Versfeld51 7620 (NVT) Cardiff Blues2003Cardiff, WallisCardiff Arms Park12 1250 (NVT) Connacht1885Galway, IerlandGalway Sportgronde8 1001 (2016) Dragons2003Newport, WallisRodney Parade8 5000 (NVT) Edinburgh1872Edinburg, SkotlandMurrayfieldNew Myreside67 1445 5000 (NVT) Glasgow Warriors1872Glasgow, SkotlandScotstoun7 3512 (2024) Leinster1879Dublin, IerlandRDS / Aviva Stadium18 500 / 51 2009 (2025) Lions1996Johannesburg, Suid-AfrikaEllispark-stadion62 5670 (NVT) Munster1879Limerick / Cork, IerlandThomond Park / Irish Independent Park25 600 / 9 2504 (2023) Ospreys2003Swansea, WallisLiberty-stadion20 8274 (2012) Scarlets2003Llanelli, WallisParc y Scarlets14 8702 (2017) Sharks1995Durban, Suid-AfrikaKings Park-stadion52 0000 (NVT) Stormers1997Kaapstad, Suid-AfrikaKaapstad-stadion55 0001 (2022) Ulster1879Belfast, Noord-IerlandKingspan-stadion18 1961 (2006) Zebre1973Parma, ItaliëStadio Sergio Lanfranchi5 0000 (NVT)

Italiaanse deelname sedert 2010-’11 In November 2008 het die raad van die Keltiese Liga vergader om die moontlikheid van Italiaanse deelname te bespreek; Roger Lewis, uitvoerende hoof van die Walliese Rugbyunie, het genoem dat die toernooi positief was oor Italiaanse deelname. Na ’n raadsvergadering van die Italiaanse Rugbyfederasie (FIR) op 19 Desember 2008 waar voorstelle ter verbetering van Italiaanse rugby bespreek is, het die FIR aangekondig dat ’n voorstel vir deelname aan die Keltiese Liga ingedien sou word. Die FIR had twee moontlikhede – skryf vier bestaande Italiaanse klubs vanuit die Nasionale Kampioenskap van Uitnemendheid vir die Liga in; of skep twee spanne uit spelers wat kwalifiseer om vir Italië te speel.

Op 18 Julie 2009 het die FIR aangekondig dat Aironi en Pretoriani Roma met aanvang van die 2010-’11-seisoen in die Keltiese Liga sou speel – Benetton Rugby Treviso en Duchi Nord-Ovest het nie in hul botte geslaag nie. Pretoriani sou in Rome gebaseer wees met die Stadio Flaminio as tuisveld, terwyl Aironi in Viadana gebaseer sou wees met sommige wedstryde wat in Reggio Emilia sou plaasvind. Op 2 Oktober 2009 het die FIR egter voorgestel dat Benetton Treviso in die plek van Pretoriani Roma deelneem.

Op 28 Januarie 2010 het die FIR verklaar dat hy aan die onderhandeling onttrek het, weens die waarborgbedrag van €3-miljoen wat deur die Keltiese Liga gevra is as hoofrede. Teen 7 Februarie het die Italiaanse klubs egter die nodige befondsing bekom. Teen 8 Maart 2010 is ’n ooreenkoms waarin Aironi en Benetton Treviso tydens 2010-’11 aan die Keltiese Liga sou deelneem, gefinaliseer. Die spanne is ook ’n plek in die Heinekenbeker gewaarborg.

Teen die einde van die 2011-’12-seisoen was Aironi as streekspan egter nie meer beskikbaar vir deelname aan toekomstige kompetisies nie, omrede hulle op 6 April 2012 weens finansiële redes ’n voortganglisensie geweier is. Hulle is deur Zebre vervang.

Vorige spanne SpanJareLiggingStadion(s) (kapasiteit) Aironi2010–2012ViadanaStadio Luigi Zaffanella (6 000) Border Reivers2002–2007GalashielsNetherdale (6 000) Celtic Warriors2003–2004Bridgend en PontypriddBrewery Field (12 000)Sardis Road (8 000) Bridgend2001–2003Bridgend, WallisBrewery Field (6 000) Caerphilly2001–2003Caerphilly, WallisVirginia Park (5 000) Cardiff2001–2003Cardiff, WallisCardiff Arms Park (12 500) Ebbw Vale2001–2003Ebbw Vale, WallisEugene Cross Park (8 000) Llanelli2001–2003Llanelli, WallisStradey Park (10 800) Neath2001–2003Neath, WallisThe Gnoll (6 000) Newport2001–2003Newport, WallisRodney Parade (11 676) Pontypridd2001–2003Pontypridd, WallisSardis Road (7 861) Swansea2001–2003Swansea, WallisSt Helen’s (4 500) Cheetahs2017–2020Bloemfontein, Suid-AfrikaVrystaatstadion (46 000) Kings2017−2020Port Elizabeth, Suid-AfrikaNelson Mandelabaaistadion (48 000) Notas: Voor regionalisering, van 2001 tot 2003, is Wallis deur nege klubs wat in die Walliese Premierskap gespeel het, verteenwoordig. Aironi is deur Zebre vervang, wat beteken dat daar steeds twee Italiaanse spanne was. Die Border Reivers is deur die Skotse Rugbyunie ontbind om geld te bespaar.

Ander lande Benewens die suksesvolle onderhandeling met Italië, is gesprekke op onderbroke basis met Suid-Afrika gevoer oor moontlike uitbreiding van die Pro12. ’n 24-span Reënboogbeker met 11 Keltiese, 9 Suid-Afrikaanse en 4 Italiaanse spanne is in 2005 aangekondig, Maar die idee is weens finansiële redes aan Europese kant en leierskapveranderinge in die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU), laat vaar.

London Welsh het in 2006 belangstelling getoon in aansluiting by die Keltiese Liga indien promosie en relegasie uit die Engelse Premierskap verwyder sou word.

Uitslae Volgens Jaar

Liga SeisoenSpanneWennerTweede plek2001-’02 15 Leinster Munster2002-’03 16 Munster Neath2003-’04 12 Llanelli Scarlets Ulster2004-’05 11 Ospreys Munster2005-’06 11 Ulster Leinster2006-’07 11 Ospreys Cardiff Blues2007-’08 10 Leinster Cardiff Blues2008-’09 10 Munster Edinburgh2009-’10 10 Ospreys Leinster2010-’11 12 Munster Leinster2011-’12 12 Ospreys Leinster2012-’13 12 Leinster Ulster2013-’14 12 Leinster Glasgow Warriors2014-’15 12 Glasgow Warriors Munster2015-’16 12 Connacht Leinster2016-’17 12 Scarlets Munster2017-’18 14 Leinster Scarlets2018-’19 14 Leinster Glasgow Warriors2019-’20 14 Leinster Ulster Rugby2020-’21 12 Leinster Munster Rugby2021-’22 16 Stormers Bulls2022-’23 16 Munster Stormers2023-’24 16 Glasgow Warriors Bulls2024-’25 16 Leinster Bulls2025-’26 16 Leinster Bulls

Keltiese Beker SeisoenSpanneWennerTweede plek2003-’04 12 Ulster Edinburgh2004-’05 8 Munster Llanelli Scarlets

Volgens kampioenskapseges SpanTitelsJareTweede plekkeJare Leinster 102001-’02, 2007-’08, 2012-’13, 2013-’14, 2017-’18, 2018-’19, 2019-’20, 2020-’21, 2024-’25, 2025-’26 52005-’06, 2009-’10, 2010-’11, 2011-’12, 2015-’16 Ospreys 42004-’05, 2006-’07, 2009-’10, 2011-’12 0 Munster 42002-’03, 2008-’09, 2010-’11, 2022-’23 52001-’02, 2004-’05, 2014-’15, 2016-’17, 2020-’21 Scarlets 22003-’04, 2016-’17 12017-’18 Glasgow Warriors 22014-’15, 2023-’24 22013-’14, 2018-’19 Ulster 12005-’06 32003-’04, 2012-’13, 2019-’20 Stormers 12021-’22 12022-’23 Connacht 12015-’16 0 Bulls 0 42021-’22, 2023-’24, 2024-’25, 2025-’26 Cardiff Blues 0 22006-’07, 2007-’08 Edinburgh 0 12008-’09 Neath 0 12002-’03

Volgens land LandTitelsSpanneTweede plekkeSpanne Ierland 16 Leinster (10), Munster (4), Ulster (1), Connacht (1) 13 Leinster (5), Munster (5), Ulster (3) Wallis 6 Ospreys (4), Scarlets (2) 4 Cardiff Blues (2), Neath (1), Scarlets (1) Skotland 2 Glasgow Warriors (2) 3 Edinburgh (1), Glasgow Warriors (2) Suid-Afrika 1 Stormers (1) 5 Bulls (4), Stormers (1) Italië 0 0

Speler van die jaar 2009-’10: Tommy Bowe (Ospreys) 2010-’11: Ruan Pienaar (Ulster) 2011-’12: Tim Visser (Edinburgh) 2012-’13: Nick Williams (Ulster) 2013-’14: Dan Biggar (Ospreys) 2014-’15: Rhys Webb (Ospreys) 2015-’16: Bundee Aki (Connacht) 2016-’17: Charles Piutau (Ulster) 2017-’18: Tadhg Beirne (Scarlets) 2018-’19: Viliame Mata (Edinburgh) 2019-’20: Duhan van der Merwe (Edinburgh) 2020-’21: Marcell Coetzee (Ulster) 2021-’22: Evan Roos (Stormers) 2022-’23: Dan Sheehan (Leinster) 2023-’24: Jack Crowley (Munster) 2024-’25: RG Snyman (Leinster) 2025-’26: Sacha Feinberg-Mngomezulu (Stormers)

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf