Die African National Congress (ANC) is 'n bevrydingsorganisasie en politieke party wat Suid-Afrika sedert die land se eerste nie-rassige, demokratiese nasionale verkiesing van April 1994 regeer. Dié party is in 1912 in Bloemfontein as die South African Native National Congress (SANNC) gestig en was jare lank 'n verbode organisasie in Suid-Afrika. Die huidige naam is in 1923 aanvaar.

Ná die algemene verkiesing van 2024 het die ANC vir die eerste keer in Suid-Afrika se demokratiese geskiedenis sy meerderheid in die parlement verloor. Dit bly steeds die grootste party, met minder as 41% van die stemme. Die party het ook sy meerderheid in Kwa-Zulu Natal, Gauteng en Noord-Kaap verloor. Ten spyte van hierdie terugslae het die ANC mag op nasionale vlak behou deur 'n groot koalisie waarna verwys word as 'n Regering van Nasionale Eenheid, insluitend partye wat saam 72% van die setels in die Parlement het.

Geskiedenis

duimnael|links|Die South African Native National Congress se afvaardiging in Londen, Junie 1914. Van links tot regs: Thomas Mapike, eerwaarde Walter Rubusana, eerw. John Dube, Saul Msane en Sol Plaatje. duimnael|upright|Albert Luthuli, voormalige president van die ANC duimnael|links|Logo van die ANC duimnael|upright|Oliver Tambo in 1981 duimnael|upright|Sowjetse posseël uit 1988 wat Nelson Mandela uitbeeld Die ANC is op 8 Januarie 1912 gestig deur onder andere John Dube, Pixley ka Seme en Sol Plaatje om hom te beywer vir die regte en vryhede van alle Afrikane. Die ANC-jeugliga is in 1944 deur Nelson Mandela, Walter Sisulu, en Oliver Tambo gestig.

Die sege van die Nasionale Party in die 1948-verkiesing en die implementering van apartheid lei tot die sogenaamde Defiance Campaign van 1952, en die opstel van die Vryheidsmanifes in Kliptown in 1955.

In 1959 word die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) gestig deur Robert Sobukwe en 'n groep ANC-lede wat gekant was teen die ANC se wending weg van swart nasionalisme af.

As gevolg van sy vreedsame verset teen apartheid en die vele inperkings wat hy hieroor moes verduur, word die Nobelprys vir Vrede in Desember 1961 aan ANC-presidentgeneraal Albert Luthuli toegeken. Hy en sy vrou, Nokukhanya, word deur die regering toegelaat om die oorhandigingseremonie in Oslo by te woon.

Na aanleiding van 'n beroep deur Albert Luthuli word die Anti-apartheidsbeweging in Brittanje gestig en internasionale druk teen die apartheidsbewind, hoofsaaklik deur boikotte, neem toe.

Die besluit van die ANC om oor te gaan na gewapende stryd, en die stigting van Umkhonto we Sizwe (MK), lei tot die inhegtenisname op 11 Julie 1963 van Nelson Mandela en 18 ander MK-lede op die plaas Liliesleaf by Rivonia. Tydens die sogenaamde Rivonia-verhoor word Mandela, Walter Sisulu, Govan Mbeki, Raymond Mhlaba, Elias Motsoaledi, Ahmed Kathrada en Denis Goldberg op 11 Junie 1964 skuldig bevind aan sabotasie en lewensvonisse opgelê. Hierna is die ANC verban.

Geallieerde organisasies Anti-apartheidsbeweging COSATU Sosialistiese Internasionaal Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) United Democratic Front (UDF) Voormalige Bevrydingsbewegings van Suider-Afrika

Bekende lede van die ANC Albert Luthuli Nelson Mandela Thabo Mbeki Phumzile Mlambo-Ngcuka Walter Sisulu Oliver Tambo Jacob Zuma

Presidente van die ANC Dr. John L. Dube 1912–1917 Sefato M. Makgatho 1917–1924 Eerw. Zaccheus R. Mahabane 1924–1927 Josiah T. Gumede 1927–1930 Dr. Pixley ka Isaka Seme 1930–1936 Eerw. Zaccheus R. Mahabane 1937–1940 Dr. Alfred Bitini Xuma 1940–1949 Dr. James S. Moroka 1949–1952 Hoofman Albert Luthuli 1952–1967 Oliver Tambo 1967–1991 Nelson Mandela 1991–1997 Thabo Mbeki 1997–2007 Jacob Zuma 2007–2017 Cyril Ramaphosa 2017–tans bron vir tot 2007.Uys, Isabelle. (2007). Feitegids : 'n Kernensiklopedie. Kaapstad: Pharos Woordeboeke. . bls. 9.

Verkiesingsresultate duimnael|Persentasie van stemme vir die ANC in die 2014-verkiesing, volgens kiesafdelings. duimnael|Persentasie van stemme vir die ANC in die 2009-verkiesing, volgens kiesafdelings. Nasionale verkiesings Nasionale Vergadering

Verkiesing # vanalgehele stemme % vanalgehele stemme # vanalgehele setels gewen +/– Regering 1994 12 237 655 62,65 252 / 400 – In regering 1999 10 601 330 66,35 266 / 400 14 In regering 2004 10 880 915 69,69 279 / 400 13 In regering 2009 11 650 748 65,90 264 / 400 15 In regering 2014 11 436 921 62,15 249 / 400 15 In regering 2019 10 026 475 57,5 230 / 400 19 In regering 2024 6 459 683 40,18 159 / 400 71 In regering van nasionale eenheid met DA, IVP, PA en GOOD

Nasionale Raad van Provinsies

Verkiesing # vanalgehele setels gewen +/– Regering 1994 60 / 90 In regering 1999 63 / 90 3 In regering 2004 65 / 90 2 In regering 2009 62 / 90 3 In regering 2014 60 / 90 2 In regering 2019 54 / 90 6 In regering

Provinsiale verkiesings VerkiesingOos-KaapVrystaatGautengKwaZulu-NatalLimpopoMpumalangaNoordwesNoord-KaapWes-Kaap% Setels% Setels% Setels% Setels% Setels% Setels% Setels% Setels% Setels 199484,35%48/5676,65%24/3057,60%50/8632,23%26/8191,63%38/4080,69%25/3083,33%26/3049,74%15/3033,01%14/42 199973,80%47/6380,79%25/3067,87%50/7339,38%32/8088,29%44/4984,83%26/3078,97%27/3364,32%20/3042,07%18/42 200479,27%51/6381,78%25/3068,40%51/7346,98%38/8089,18%45/4986,30%27/3080,71%27/3368,83%21/3045,25%19/42 200968,82%44/6371,10%22/3064,04%47/7362,95%51/8084,88%43/4985,55%27/3072,89%25/3360,75%19/3031,55%14/42 201470,09%45/6369,85%22/3053,59%40/7364,52%52/8078,60%39/4978,23%24/3067,39%23/3364,40%20/3032,89%14/42 201968,74%44/6361,14%19/3050,19%37/7354,21%44/8075,49%38/4970,58%22/3061,87%21/3357,54%18/3028,64%12/42

Munisipale verkiesings VerkiesingStemme% +/– 1995–96 5 033 855 58% – 2000 Geen vrygestel 59,4% 1,4% 2006 17 466 948 66,3% 6,9% 2011 16 548 826 61,9% 4,4% 2016 21 450 332 55,7% 6,2% 202114 531 90847,5% 8.2%

Sien ook Lys van politieke partye in Suid-Afrika Indian National Congress, Indiese eweknie en bondgenoot 55ste Nasionale Konferensie van die African National Congress

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Apartheid

Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika