Land Hessen (Duits)Deelstaat Hesse Landsvlag Landswapen border|150px 100px (Besonderhede) (Besonderhede) Basiese gegewens Ampstaal: Duits Hoofstad: Wiesbaden Gestig op: 19 September 1945 Volkslied (Landeshymne): Hessenlied Oppervlakte: 21 114,94 km² (7de) Bevolking: 6 420 729 (5de) (31 Desember 2023) Bevolkingsdigtheid: 304 inwoners / km² (7de) BBP - Totaal (5de) - % Verandering teenoor vorige jaar - per inwoner 2023351,139 miljard € 7,8%54 688 € Totale skuldlas: 44,053 miljard € (30 Junie 2024) Skuldlas per inwoner: 6 861 € (30 Junie 2024) Werkloosheid: 5,5% (November 2024) ISO 3166-2: DE-HE Amptelike webwerf: hessen.de Politiek Eerste minister: Boris Rhein (CDU)(sedert 31 Mei 2022) President van die Landtag: Astrid Wallmann (CDU) Regerende partye: CDU en SPD Setels in die parlement (Landtag)(133 setels) (2018: 137 setels): CDU 52 (2018: 40)AfD 27 (19)SPD 23 (29)B90/Grüne 22 (29)FDP 8 (11)Onafhanklik 1 (–) Laaste verkiesing: 8 Oktober 2023 Volgende verkiesing: Oktober 2028 Parlementêre verteenwoordiging Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 5 (van 69) Kaart 250px

Hesse (Duits: Hessen, [ˈhɛsn̩], ), amptelik die Deelstaat Hesse (Land Hessen, afkorting: HE), is met 'n oppervlakte van meer as 21 000 km² die sewende grootste deelstaat van Duitsland. Sy bevolking van ses miljoen is in die Ryn-Main-streek van Suid-Hesse saamgetrek. Hier is ook vier van Hesse se vyf grootste stede geleë – die administratiewe hoofstad Wiesbaden, Frankfurt am Main, Darmstadt en Offenbach. Noord-Hesse het 'n meer landelike karakter met 'n laer bevolkingsdigtheid. Die grootste nedersetting in die noordelike landsdeel is Kassel.

duimnael|links|Frankfurt am Main duimnael|links|Panorama van Wiesbaden, die hoofstad van Hesse duimnael|links|Die markplein van Michelstadt duimnael|links|Vakwerkboukuns in Melsungen Die vroegste spore van menslike gemeenskappe dateer van die Würm-ystydperk sowat 50 000 jaar gelede. Die Romeine, wat die gebied van die huidige Suid-Hesse by hul ryk ingelyf het, het diep spore gelaat, onder andere met die Limes Germanicus, die versterkte noordelike grens van die Romeinse Ryk met vestings, forte en wagtorings wat oor 'n afstand van 500 kilometer tussen die Ryn en die Donau geloop het. Een van die grensforte, die Kastell Saalburg in die Taunus-bergreeks, is in die Wilhelminiese tydperk as museum herbou.

Die Middeleeue leef voort in die vakwerkboukuns en nou straatjies van klein stede en dorpe. Middeleeuse stadskerne het onder meer in Marburg, Limburg, Alsfeld en Michelstadt bewaar gebly, net soos sakrale geboue soos die 13de eeuse Elisabethkerk in Marburg wat as die oudste Gotiese kerk in Duitsland beskou word. Belangrike domkerke het ook in Limburg, Fulda en Wetzlar ontstaan. Frankfurt se Paulskerk het met die demokratiese nasionale vergadering van 1848 bekendheid verwerf. Darmstadt in Suid-Hesse het omstreeks 1900 onder andere met die kunstenaarskolonie Mathildenhöhe tot een van die belangrikste sentra van die Jugendstil-kunsbeweging in Duitsland ontwikkel.

Ná die Tweede Wêreldoorlog het Frankfurt am Main tot een van die beduidendste ekonomiese en finansiële metropole van Duitsland gegroei. Sy stadsilhoeët met talle wolkekrabbers is uniek in Duitsland.

Etimologie Die Duitse naam Hessen is soos die ander Duitse streeksname Schwaben, Franken, Bayern, Sachsen (asook verskeie landsnaame soos Ungarn, Polen, Schweden) afgelei van die datiewe meervoudsvorm van die inwoners se naam of die gelyknamige Germaanse stam, die Hesse (Hessen, enkelvoud Hesse). Die geografiese naam is 'n verkorte vorm van die ouer saamgestelde naam Hessenland ("land van die Hesse"). Die Oud-Hoogduitse vorm van die naam is opgeteken as Hessun (datiewe meervoud van Hessi); in Middeleeuse Latyn verskyn dit as Hassonia, Hassia, Hessia. Die naam van die Hesse gaan uiteindelik terug op die stamnaam van die Chatte. Die antieke naam Chatti verskyn in die 7de eeu as Chassi en van die 8ste eeu af as Hassi of Hessi.

'n Inwoner van Hesse word ook "Hesse" genoem (Duits: Hesse (manlik), meervoud Hessen, of Hessin (vroulik), meervoud Hessinnen). Die Amerikaans-Engelse term "Hessian" vir 18de-eeuse Britse hulptroepe het sy oorsprong by landgraaf Frederik II van Hesse-Kassel wat gereelde weermageenhede verhuur het aan die regering van Groot-Brittanje om in die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog te veg.

Die Engelse vorm Hesse is teen die 18de eeu algemeen gebruik, eers in die koppeltekenname van die state Hesse-Kassel en Hesse-Darmstadt, maar die Latynse vorm Hessia het tot in die 19de eeu in algemene Engelse gebruik gebly. "The Hessians, called, in the early history of Germany, Catti, lived in the present Hessia". The Popular Encyclopedia: Or, Conversations Lexicon vol. 3 (1862), bl. 720. Occasional English use of Hessia is found until the present day, e.g. P. J. J. Welfens, Stabilizing and Integrating the Balkans, Springer Science & Business Media (2001), bl. 119.

Die Europese Kommissie gebruik weens sy beleid om streeksname onvertaal te laat die Duitse vorm Hessen, self in 'n Engelstalige konteks.

Ná 'n voorstel in 1992 het die Latynse streeksnaam in 1997 ook as basis vir die benaming van die element hassium gedien. "Names and symbols of transfermium elements (IUPAC Recommendations 1997)". Pure and Applied Chemistry. 69.12 (1997), bl. 2471. .

Klimaat duimnael|Die Kinzigdam naby Bad Soden in die najaar wanneer watervlakke laer is Die gebied van Hesse maak deel uit van die warm-gematigde reënklimaatsone van die middel-breedtegrade. Winde waai merendeels uit westelike rigting sodat dwarsdeur die jaar vogtige lug vanaf die Atlantiese Oseaan na Hesse beweeg wat vir neerslae sorg. Die oseaniese invloed neem af hoe verder 'n mens vanuit die noordweste in suidoostelike rigting beweeg, maar is orals groot genoeg om uitermatige winterkoue of hoë somertemperature te verhoed. Gemiddelde jaarlikse temperature wissel van tussen 6 en 7 °C in die berggebiede van Noord-Hesse tot tussen 10 en 11 °C in die laer geleë Ryn-Maingebied in die suide.

As gevolg van die topografiese struktuur met middelgebergtes, wat verskillende laer geleë landskappe insluit, is die klimaat in die deelstaat sterk gestruktureer. Mikroklimate word sterk beïnvloed deur die hoogte bo seevlak, veral wat temperature betref. Neerslae word hoofsaaklik deur die ligging van bergreekse in verhouding tot die hoofwindrigting bepaal. Aan die loef- of windkant van die berge styg lug sodat wolke vorm en reën val, terwyl die benedewindse kant, waar lugstrome daal en wolke oplos, relatief droog is. Die gemiddelde jaarlikse reënval wissel van 1000 millimeter of meer in bergagtige terrein tot slegs 500-600 millimeter in die Rynvallei.

Flora en fauna Bosgebiede duimnael|Sowat 'n vyfde van Hesse se bosgebiede is natuurlike bosse of oerwoude. Die foto toon een van die deelstaat se oerwoude, die Reinhardswald, gedurende Mei Bosgebiede beslaan byna 895 000 hektaar of 42 persent van die deelstaat se oppervlakte. Dit maak van Hesse die mees beboste deelstaat van Duitsland (naas Rynland-Palts) – nog voor die Saarland (39 persent), Baden-Württemberg (38 persent) en Beiere (36 persent). 40 persent van Hesse se bosgebiede is in besit van die deelstaat, terwyl 'n verdere 35 persent in besit van 418 stede en munisipaliseite is. Slegs agt Hessiese munisipaliteite beskik nie oor hul eie bosgebiede nie. Hessiese Departement van Omgewingsake: Bosse in Hesse

'n Kwart van Hessiese bosse is in privaat of gemeenskaplike besit. Daar is altesaam 60 000 privaat boseienaars wat merendeels klein bosgebiede besit. 'n Derde van alle privaat bosgebiede maak deel uit van boerderye.

Hesse se bosgebiede is oneweredig oor die deelstaat versprei. So is streke soos die Wetterau of die Gießen-bekken yl bebos. Hierdie landskappe word oorheers deur vrugbare landbougrond wat al in die vroeë geskiedenis van Hesse bewerk is, terwyl bosgebiede slegs vyftien persent beslaan.

In die Ryn-Main-vlakte, waar nog slegs sowat 26 persent van die oppervlakte bebos is, is bosse veral deur die uitbreiding van beboude gebiede, nywerheidsaanlegte en vervoerstelsels verdring. Daarenteen is berggebiede soos die Odenwald, Spessart, Taunus en Weserbergland dig bebos. Bosgebiede beslaan hier meer as vyftig persent van die oppervlakte en groei nog steeds, veral omdat minder vrugbare grond deur boere herbebos word.

Biodiversiteit duimnael|Die Rhön-slak (Bythinella compressa), 'n bedreigde slakspesie wat uitsluitlik in twee Hessiese bergreekse, Rhön en Vogelsberg, voorkom Sedert die laat 18de eeu is in Hesse meer as 140 plantspesies as uitgestorwe verklaar, terwyl die broeigetalle van sommige voëlspesies afgeneem het – dié van die kiewiet (Vanellus vanellus) met 85 persent sedert die middel van die 1980's. Ook veldhamsterbevolkings het sedert die 1970's drasties gekrimp. Die varswater-pêreloester (Margaritifera margaritifera), wat vroeër volop was in die waterliggame van bergreekse soos die Vogelsberg, Rhön, Spessart en Odenwald, word intussen in Hesse as uitgestorwe geklassifiseer. Die edel- of Europese rivierkreef (Astacus astacus) en die vlagsalm (Thymallus thymallus), 'n varswatervis, word as bedreigde spesies beskou wat tans nog slegs in enkele waterliggame aangetref word. Hessiese Departement van Omgewingsake: Hessiese strategie vir biodiversiteit

Naas dier- en plantspesies, wat wêreldwyd of ook in ander dele van Europa voorkom, is daar ook spesies waarvan die habitat min of meer beperk tot Hesse is, waaronder die Rhön-slak (Bythinella compressa, Duits: Rhönquellschnecke) wat hier endemies is. Daar is ook spesies wat ná eeue of dekades na Hesse teruggekeer het, soos die Eurasiese rooikat, of spesies wat vroeër as bedreig beskou is en tans weer konstant in getalle toeneem, soos die Europese wildekat, die swerfvalk (Falco peregrinus) en die Europese oehoe (Bubo bubo).

Geskiedenis Hesse as historiese Duitse landskap duimnael|Kaart van die Hessiese lande tydens die Duitse Keiserryk rondom 1900 Met 'n oppervlakte van 21 115 km² en 'n bevolking van ses miljoen is Hesse vandag een van die middelgroot deelstate van Duitsland. Anders as byvoorbeeld Beiere of Sakse het Hesse geen eeue lange tradisie as politieke entiteit nie, maar het sy ontstaan aan 'n besluit van die Amerikaanse militêre administrasie kort ná die Tweede Wêreldoorlog te danke. Die gebiede, wat op 19 September 1945 as deelstaat Groß-Hessen verenig is (Keurhesse, Hesse-Darmstadt, Nassau, Waldeck en Frankfurt am Main) het daarenteen elkeen 'n lang geskiedenis van relatiewe politieke onafhanklikheid. Dat hierdie gebiede nie al vroeër tot 'n gemeenskaplike Hessiese staat verenig is nie, was aan erfdeling, dinastiese belange, godsdienstige onenigheid, oorlogsvoering en die inmenging en die begerigheid van vreemde moondhede te danke. Frank-Lothar Kroll: Geschichte Hessens. Tweede uitgawe. München: C.H. Beck Wissen 2011, bl. 7

Maar ondanks die feit dat Hesse eeue lank in kleiner politieke eenhede verdeel was, het sy bewoners 'n gemeenskaplike geskiedenis wat terugstrek na die hoë middeleeue toe Hesse 'n kernland van die Heilige Romeinse Ryk was, en die tyd van die Protestantse Hervorming toe die Nassauiese landsdele gesamentlik die Calvinisties-Protestantse geloof aanvaar het. In die volgende eeue het die twee linies van die Huis van Hesse, Kassel en Darmstadt, in politieke opsig van mekaar wegbeweeg, maar die gemeenskaplike identiteit van die Hessiese bevolking is deur hierdie proses nie aangetas nie. Sodoende kan na Hesse voor 1945 as 'n historiese Duitse landskap verwys word.

Vroeë geskiedenis duimnael|Argeologiese vondse uit die Ou Steentydperk in die Wetteraumuseum, Friedberg Die vroegste spore van menslike bewoners, wat deur argeoloë in Hesse gevind is, dateer uit die Ou Steentydperk (sowat 500 000 jaar gelede). In streke soos Wetterau en die Schwalm-Eder-gebied, wat ook gedurende die Ystydperk vry van vergletsering was, het prehistoriese steengroewe ontstaan.